Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 987 reviews.
"Die plek Lambertsbaai is 'n geselige plekkie. Net te min onthaalgeriewe en winkels en nie geskik vir 'n wegbreek die tyd van die jaar nie. Dit is te koud en te veel wind."
"'n Absolute moet wanneer mens in Lambertsbaai is, is om Muisbosskerm te besoek. Dit was absoluut die hoogtepunt van al ons tyd in die Weskus. Onvergeetlike ervaring! Ons sien jou weer, Lambertsbaai!"
"Lambertsbaai was ons eerste stop teen die Weskus af. Dit was beslis een van die bestes! Sal baie graag eendag weer wil gaan."
"Alles was uitstekend van die kosse tot die verblyf. Vriendelike mense en 'n skone dorp. Dit is ideaal vir enige mens."
"Nie baie om te doen nie. Sal meer koffiewinkels en soortgelyke kuierplekkie wou sien. Is 'n mooi dorpie."
"Moet dit nie verby ry nie. 'n Dorpie wat in jou hart inkruip. Jy sal beslis terugkeer na die eerste besoek. "
"Was my eerste keer daar en ek dink dis 'n moet vir elke toeris om daar te gaan draai. Vriendelike mense, heerlike disse."
"Dit was nou ons derde besoek aan Lambertsbaai en elke keer kom ons terug na dié Weskusdorp met sy besondere atmosfeer en gasvryheid."
"Dit was heerlik om in Lambertbaai te kuier. Bird Eiland is 'n moet vir besoekers, asook die kleiner dorpies, veral Redelinghuys met sy pragtige geskilderde huise en Elandsbaai is 'n moet. Pragtige blomme al langs die ryroetes en vir voëlliefhebbers 'n paradys."
"As avid birdwatchers Bird Island was a real highlight - we visited twice. We enjoyed several reasonably-priced fish meals at local restaurants. "
"Some interesting history, a visit to The Museum and Bird Island is interesting and informative. Although we did not eat out, there are some great eating spots."
"It's the most beautiful place I've been. I will recommend Lamberts Bay to anyone and everyone, the people are so friendly, the environment so clean. I am surely going there again. Thinking of moving there."
"Lambertsbaai het baie om te bied vir toeriste. Isabella restaurant en plaaslike slaghuis het beïndruk."