Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.
"Heerlike stil, rustige plekkie in die winter. Interessante besienswaardighede in die omgewing en pragtige landskap. "
"The Community is rather small but has so many gems. The people are friendly and make feel welcome within the community. "
"Dorpie is skoon. Inligtingsburo doen egter nie moeite om aanbevelings te maak nie. Dink die dorpie het baie om te bied. Ons het egter gesukkel om vas te stel waar Bird Island was."
"Die dorp is nie orals so netjies nie, maar daar is baie lekker restaurante met uitgebreide spyskaarte: Isabellas, Weskus kombuis en natuurlik die Muisbosskerm is baie gewild."
"Het Bird Island baie geniet, sal besoekers aanraai om dit in hul planne te sit as hulle daar sou vakansie hou. Ajay's definitief vir hulle lekker wegneem vis en chips asook burgers."
"Baie oulike dorpie, stil, vriendelike mense en skoon en kan van daar af baie ander plekke gaan besoek."
"Volop doen- en kuierdinge. Lekker geleë om Weskus se blomme en wynkelders te besoek."
"I would recommend a lunch at the Weskus Kombuis overlooking the harbour for an authentic experience, plus the grilled hake and calamari was some of the best I've had! Other than that there was not a whole lot of interest in the town, there is a good small Spar for anything you've forgotten and a butchery etc."
"Baie mooi plek om te besoek en te verken, wonderlike restaurante in en om die dorp vir alle vis smaak."
"Lambertsbaai is nie vir besige bytjies nie, dit is waarheen jy gaan om te gaan rus, dalk bietjie te lees. Muisbosskerm is 'n groot trekpleister en ons het heerlik geëet en gekuier saam met die vriendelike mense daar. "
"Het min tyd gehad om in die dorp rond te loop. Dit is meer local mense wat ek kon sien. Mens voel nooit onveilig nie. Die see is baie mooi daar. Lekker stil en rustig. Ek is 'n fotograaf en het gewerk daar, oulike venues in die dorpie. Bosduifklub se kos is uit die boonste rakke. Ook baie gasvry mense daar. "
"Die dorpie het bietjie agteruit gegaan vandat ons laas daar was (veiligheid), maar die vermeerdering in wynplase en restaurante en selfs n boeremarkie was verbasend. "
"Daar is redelik baie om te doen, baie plekke om te oornag en dis n regte Weskus vissersdorpie. Sal beslis aanbeveel."
"Lambertsbaai het 'n fantastiese koffiewinkeltjie wat die ongelooflikste pasteie en wortelkoek cupcakes bak. Hulle koffie is fantasties. Ons het omtrent daar geboer. Daar is ook heerlike eetplekkies. Die seewater is bietjie koud, maar die brawe mense het wel geswem."