Geverifieerde Resensie
Magaliesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magaliesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 121 resensies.
"Klein, plattelandse dorpie wat mens terugvat na die dae op die plaas en kontrei. Spar, apteek en eetplekkies maak dit 'n ideale opsie om als te kry wat dalk vergeet het om in te pak. Indien jy die plekke nie ken nie - lekker romantiese, plattelandse gevoel. Saans blaf die hondjies in die verte met die voëllewe in die bome rondom jou net soos ek dit op die platteland leer ken het - baie cool!"
"Close to Pretoria. Good enough road. Lots of history and beautiful wildlife all around. Activities like ballooning, game drives close by."
"Jammer dat die paaie met vuilgoed bestrooi is. Vrywilligers het wel skoongemaak met hul eie sakke en handewerk. Ons was baie beïndruk om dit te sien."
"Die omgewing wat ons jare gelede as 'n interessante kunsdorpie ervaar het, het ontstellend verval en voel nie veilig nie. Die natuur is steeds mooi."
"Die hele area is wonderlik vir ’n vinnige wegbreek van Johannesburg af. Sentraal geleë en baie opsies."
"Die kinders het Maropeng en die Sterkfontein-grotte veral geniet. "Candle dipping" ook 'n heerlike aktiwiteit. Netjiese Superspar wat baie naby is. "
"Baie mooi area en selfs die naburige verblyfplekke is besonder vriendelik en behulpsaam."
"Kom na Magalies Gliding Club vir 'n besonderse sweefbelewenis en bekyk die wêreld van bo met net die gesuis van wind om die vliegtuig."
"Heelwat om in Magalies te doen en sien. Gaan stop gerus by Black Horse Breweries vir ‘n lekker ete en pragtige tuine."
"Not much in the town of Magaliesburg but there is a few nice restaurants in the area. Black Horse Brewery and Restaurant is stunning and very good food."
"'n Wonderlike plek om te verken met al die toeristeaantrekkings en veral die natuurreservate rondom die ligging."
"By Magaliesburg is daar nie veel nie. Mens moet verder ry na Black Horse en die grotte en Maropeng of dam toe."