Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1908 resensies.
"Dit is 'n wonderlike plek, wat 'n lafenis is vir die siel. Die omgewing en diere is 'n wonderlike gesig. Die paaie is bietjie sleg en dit is beter as mens 'n 4x4 het alhoewel ons versigtig met ons gewone motor reggekom het. Die stap langs die rivier is wonderlik sowel as die uitsig oor die rivier."
"Bietjie vreemde woongebied / vakansiegebied met 'n verskeidenheid van wooneenhede, sommige oud en verwaarloos. Die ligging naby die wildtuin maak dit 'n goeie vakansiebestemming."
"Die paaie is amper onrybaar al gebruik jy 'n 4x4. Geen opknapwerk is gedoen vir die laaste 10 jaar toe ons daar was nie. Die ingang na die park stel teleur. Groot groep mense wat doelloos rondsit. Is dit die enigste area waar herwinning gedoen kan word (by die hek)."
"Dis 'n wildsreservaat, maar die mense wat daar bly hanteer dit soos 'n disco-klub. Marloth kort meer reëls en mense wat dit af dwing."
"Beste plek as jy rus en stilte om jou wil hê. Geen geraas en of enige harde musiek om jou rus te verstoor. Die winkels voorsien alles wat jy nodig het en baie vriendelike mense om jou te help. Die no. 1 plek om jou vakansie te gaan geniet. Bosveld beslis 100%."
"Die omgewing is baie mooi. Die sekeriteit was streng en die wilde diere wat oral te sien is, laat jou voel of jy al klaar in die wildtein is."
"Great location for anyone looking to get close to nature. Highly recommend Marloth park and having Kruger National park only 20 mins away, gives you the best of both worlds."
"Marlothpark is pragtig! Voel of jy in die Krugerwildtuin bly. Lekker winkels om jou nodige items te kry en goeie besigheidsure ook."
"Ons het baie lekker gelag vir al vir die groot seekoeie, hulle is werklik groot. Baie bokkies gesien, baie vlakvarke en buffels, apies en krokodille in die rivier. Die restaurant teen die wildtuin is beslis 'n moet, het die mooiste uitsig met sonsondergang. Het dit baie geniet. Al die mense is super vriendelik."
"Die sekondêre paaie is in 'n toestand, andersins is alles beskikbaar en binne afstand vir 'n heerlike wegbreek! Siende dat Marlothpark primêr 'n vakansiebestemming is, sou dit 'n groot verskil maak indien boukontrakteurs verhoed word om op naweke te werk (langs ons was gebou en ons het net die Sondag algehele stilte en privaatheid gehad)."
"Lots of animals and a pleasure for the enthusiast. Don't ignore the menu at the Amazing Kruger Restaurant."