Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1877 reviews.
"While the place is wonderful you have animals walking in between houses that's beautiful."
"Nice destination for a quick getaway, seen animals on your doorstep makes for a peaceful and relaxing environment."
"Marlothpark is 'n fantastiese plek - so lekker om rond te loop en jy is om die diere. Mense is baie vriendelik en jy rus terwyl jy daar is."
"Mens bly maar effens bekommerd oor veiligheid, maar dit lyk tog of sekuriteit goed opgeskerp is, wat gemoedsrus gee. Ons het gelukkig lanklaas van insidente in Marlothpark gehoor."
"Feels like you in the Kruger. A few of the roads are a bit rough, but nothing too bad. Supermarket is limited in what they stock."
"Baie bedrywig binne met bouers en kontrakteurs en busse, maar nie uitermatig negatief. Jammer dat mense by uitkykplekke sigaretstompies rondstrooi. Marlothpark bied egter 'n boslewe met baie diere en dis lekker om die lengte van draad met die Krugerwildtuin te stap en diere rondom die rivier te kyk. Jy sien diere elke keer omdat dit so groot uitsig oor die rivier bied."
"Al wat bietjie gepla het, is die paaie. Paaie is in 'n slegte toestand, maar die natuur maak op daarvoor."
"Baie netjies en groot verskeidenheid wild in die park self als wat jy nodig het is in die park beskikbaar is."
"Die paaie kort bietjie aandag. Andersins 'n baie lekker plek om te gaan kuier."
"Marlothpark was aangenaam met baie diere tussen die huise. As mens langs die rivier is sien mense ander diere soos olifante, seekoeie, luiperds and groot voëls ook."
"Baie lekker om so in die natuur te bly anders as die toegespande kampe in die Wildtuin self. Mens kan ook leeus hoor in die aande as jul naby genoeg aan die Kruger Wildtuin se grensdraad bly. Mooi teerpad vir 'n hoofpad in die park. Naby genoeg aan Krokodilbrughek as jy die wildtuin wil besoek."
"Het 'n dag saam met Arthur van Southern Kruger Safari die KNP besoek. Beveel Arthur ten volle aan, ken die veld en ken die diere en hulle maniere. Bobaas-dag en -ondervinding gewees. Laai jou by jou akkommodasie op en af, net 'n groot plesier gewees."
"Wees versigtig daar is wilde diere, roofdier ook. Bly naby jou huisie of braaiplek in die aand, dis vir jou eie veiligheid."
"Winkels binne Marlothpark is vreeslik duur, dis beter om Komatipoort se winkels te besoek, Die slaghuis in Marlothpark maak vreeslik baie lekker biltong en chilli-souse!"