Geverifieerde Resensie
Memel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Memel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 24 resensies.
"'n Onderskatte omgewing vir voëlliefhebbers! Hier sal 'n mens verras word! Beslis die moeite werd!"
"Die paaie in die dorp is uiters sleg, veral as mens met 'n karavaan daar ry."
"Of jy met 'n motorfiets ry of 'n voertuig, jy sal Memel as 'n baie lekker plek kan vind om te oornag of vir 'n ruk te bly, die grondpaaie in die omgewing lei na die pragtigste passe en plekke om te sien."
"As jy wil rus en die stilte van 'n plattelandse dorpie ervaar, reis na Memel vir 'n naweek. Pragtige omgewing."
"The hotel seems to have gone backward a bit, we stopped for a drink and the fridges are under stocked. They only had one tod of Jack Daniels."
"Absolute rustigheid plaasatmosfeer om daar te ervaar. Naby aan die natuur en vriendelike mense wat daar bly."
"Ek geniet die stilte, die berge, die natuurskoon. Die dorpie het ongelukkig nie meer ordentlike winkels nie en ook nie 'n bank nie, maar die slaghuise is puik!"
"Memel is 'n mooi dorpie, daar is 'n rustigheid en 'n stilte wat mens kan geniet en waarna die stadsmens verlang. Daar is staproetes en ook die vleilande wat jy kan besoek met baie voëls om te sien. In die omgewing is baie interessante plekke soos bv. Verkykerskop met oudhede van jare gelede. "
"Seekoeivlei is the best kept birding secret - amazing reserve, birds, wildlife and hides. We watched the rugby at the Memel hotel bar - wonderful friendly people."