Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 197 resensies.
"Ek het as kind baie op Middelburg gekom en kan sien dat daar baie goeie ontwikkeking op die dorp plaasgevind het sedertdien. Pragtige skoon dorp met baie goeie geriewe."
"Die Biltong Deli se Karoo lamtjoppies se pryse is baie billik. Droëwors ook baie lekker."
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."
"Ons het dit net as 'n oornag fasiliteit gebruik en was heeltemal tevrede daarmee. Dis 'n rustige ou dorpie en die ou geboue en robot wat nog werk, vertel 'n verhaal van toeka se dae."