Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1964 reviews.
"Mosselbaai is nie verniet die nommer-een-munisipaliteit in die land nie. Met eerste oog opslag is dit duidelik. Alles werk. Alles is skoon. Daar is geen slaggate nie. Strande en openbare geriewe word behoorlik instand gehou en is skoon. Die verskeidenheid van toerisme aantreklikhede oortref ander plekke in Tuinroete. Mosselbaai is hoogste op my lys as dit by toeristebestemmings in SA kom."
"Stukkie hemel op aarde. Wens ons ander munisipaleteite kan dieselfde dienste lewer. Infrastruktuur is puik en in werkende toestand. Besigheidsentrums is ook in puik toestand, alles wat jy nodig het is daar."
"Het vir baie jare as kind in Santos en Bakke saam familie gekamp. Mosselbaai was en is nog altyd 'n lekker vakansieplek. Wonderlike en vriendelike mense."
"Hartenbos en Mosselbaai word elke jaar meer en meer bekend vir vakansie en aftree en dis regtig een van die beste plekke om vakansie by te hou. Veilig vir almal ."
"Lieflike dorp wat jou verblyf daar die moeite werd maak. Sal dit vir enigeen aanbeveel!"
"Pragtige dorp. Die weer en vele aktiwiteite maak Mosselbaai beslis een van my gunsteling vakansieplekke. Alle groot winkels en mediese sorg is beskikbaar. Definitief 'n plek om weer te besoek."
"Mosselbaai en Hartenbos het ons hart gesteel, sal enige tyd weer besoek. Dit is ons gunsteling vakansieplek. Die dorp is netjies en skoon. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Sal dit beslis vir vriende en familie aanbeveel."
"Myself and my family found Mossel Bay a great adventure destination with many activities to enjoy."
"Baie dinge om te doen. Goeie vakansiedorp. Ideaal vir oud en jonk. Sal enige tyd aanbeveel."