Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 1980 reviews.
""The little Jerusalem" is uit en uit sy sout werd as 'n toeristebestemming. Die strande, ons het Santosstrand besoek, is uitstekend. Ons besoek aan die museum was ook uit die boonste rakke. Ons besoek aan die Casino, alhoewel ons slegs die kinders neem vir speletjies, was wonderlik. Die mense in die winkelsentrums, waar ons ook al gegaan het, is uiters vriendelik. Dit was asof ons op 'n ander planeet was."
"Mosselbaai is pragtig en skoon, en ons sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."
"Pragtige plek met baie om te doen. Paaie in uitstekende kondisie en dorp is skoon en netjies."
"Mosselbaai is 'n heelike plek om te gaan swem en kuier, maar ek sal nie sommer weer in Mosselbaai self bly nie, eerder in een van die omliggende plekke soos Rheebok of Terniet. Mosselbaai is te besig en baie raserig na 12 in die nag."