Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1987 resensies.
"Mosselbaai is 'n heelike plek om te gaan swem en kuier, maar ek sal nie sommer weer in Mosselbaai self bly nie, eerder in een van die omliggende plekke soos Rheebok of Terniet. Mosselbaai is te besig en baie raserig na 12 in die nag."
"Mosselbaai self is baie besig, en as mens na stilte wil gaan is ek nie seker of dit die plek is nie, maar vir tieners en jongmense wat dinge wil doen, sal dit 'n besliste bestemming wees."
"Vriendelike plek waar jy veilig en tuis voel. Hope om te doen. Sal gereeld moet gaan alhoewel dit 850 km van my huis is."
"Mosselbaai is fantasties, net te besig oor die Kersseisoen, parkering en baie stadige verkeer."