Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6238 resensies.
"Dit lyk of die munisipaliteit werk, maar ek weet te min van die omliggende fasiliteite om regverdig te oordeel."
"Sekuriteit moet uitgesorteer word. Hekwag het vir ons aankomende voertuig oopgemaak toe ons nog 100 meter vanaf die hek was. Ons het regdeur gery. "
"It's a overnight stay jewel but their roads are terrible of potholes and a truck drive through which is the cause most probably. "
"Sabie is gorgeous - the Craft Beer restaurant a real hidden gem! Stunning part of the country! "
"Krugerhof is mooi opgepas en heel insiggewend, maar die res van die dorpie het min gebied."
"Mooi stil en rustige dorpie. Mooi staproetes waar jy die wilde perde kan sien. Pragtige winkeltjie wat oudhede verkoop. Baie vriendelike inwoners."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Guest House Mamma Mia"Waar ons gery het, was dit skoon, netjies en die strate heel. Verkeersligte het almal gewerk. Bitter mooi natuurskoon."
"Ons het spesiaal gegaan vir die Sabie Tube Race en met die meer water in die rivier was die avontuur honderd maal beter. Jammer die bome, bosse en struike langs die water was nie weer gesny soos verlede jaar. Dit het plesier bederf en baie mense het ligte besering opgedoen. "
"Baie mooi area met 'n groot plaasgemeenskap. Lowergroen berge en ongerepte natuurskoon."
"Daar is nie regtig vermaak vir kinders nie. Ideale plek vir naweekwegbreek vir 'n paartjie."
"Hazyview is fantasties. Daar is 'n wye verskeidenheid aktiwiteite. Iets vir almal. Van avonture in die buitelug tot rustige uitstappies na koffieplantasies. Nooit 'n vervelige oomblik."
"Pragtige Dorothy en probeer gerus die Mamma Mia restaurant agter die ou kerk in die hoofstraat. "
"Marloth is so naby aan die Wildtuin, en ons het meer diere gesien daar as in die Kruger Park. Die winkels was gerieflik naby en ons het selfs in Marloth rondgery en baie diere gesien. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
3 on Greger Accommodation"'n Pragtige dorp met baie besienswaardighede, maar té warm in die somer."
"Pragtige dorp met baie interessante restaurant en kuier plekkies. Natuurlik wil mens die omliggende omgewing en watervalle besoek, dis 'n heerlike vakansie en/of wegbreek bestemming!"