Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6215 resensies.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"Heerlik... klimaat fantasties en naby baie besienswaardige plekke."
"Marloth is 'n fantastiese ervaring, 'n stukkie hemel op aarde met die diere wat om jou is. Die mense wat daar woon en werk is almal ook vriendelik wat die ervaring baie lekker maak. My enigste bekommernis is oor die diere wat nou verwyder word en die vlakvarke wat geskiet word, gaan hulle nog diere oorlos in die park want as hulle alles gaan verwyder sal Marloth definitief sy aantrekking verloor!"
"Graskop is lekker sentraal geleë en dus ideal vir 'n besoek aan die gewilde plekke in die area."
"Nie regtig van die dorp iets gesien nie, net daar geslaap op pad Cape Vidal toe."
"Wonderlike plek. Groot verskeidenheid van diere. Ongelukkig net verskriklik baie mense wat daar rondloop deur die dag wat duidelik nie daar woon nie. Ashoop ook 'n sleg oog."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
LoerieRoepEstate - Mountainview Accomodation"A good travel destination, with cheap entry fees to most of its facilities."
"Daar is baie eetplekke (en 'n verskeidenheid) in Hazyview en is baie sentraal geleë - naby Sabie, Graskop, Pelgrimsrus en Nelspruit. "
"Graskop, die dorpie self is pragtig - net jammer daar is geen Wimpy of Spur nie, gelukkig is Sabie nie te ver. Uitstekend geleë vir al die besienswaardighede in die omgewing."
"Baie pragtige oord. Sekuriteit van hoogstaande gehalte. Die diere in die kamp dra by tot 'n ongelooflike tydperk. Sal beslis weer by Marloth Park tuisgaan!"
"Baie mooi, vreeslik geniet met al die diere en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Dullstroom is 'n pragtige plek. Natuurskoon is asemrowend mooi, en die winkeltjies bied 'n groot verskeidenheid. Bird of prey sentrum 'n absolute moet om Te besoek. Sal definitief weer in Dullstroom gaan kuier. "
"Baie rustig plattelandse bestemming naby Krugerwildtuin aan baie ander wegbreekplekke. Laeveldse atmosfeer maak dit uiters aantreklik en baie om te doen in die omgewing."
"Pragtige wêreld wat almal moet besoek. Baie mooi goedjies om te koop en lekker plekkies om te eet en te kuier."
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."