Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7907 resensies.
"Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie."
"Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word."
"Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme."
"Ons het lekker eetplekkie gesoek wat nie net koek en brood bedien nie."
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."
"Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens."
"Ons vertrek nooit uit die dorp sonder om 'n lekker skaaplam te koop nie. Die smaak is net iets besonders. Calvinia sal maar altyd op my reisplan na die Noord-Kaap wees."
"Besoek alleenlik die plek as jy sekerheid het dat dit 'n goeie blomseisoen is of as jy wil wegbreek van die stadsgewoel."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"Goeie plek om oor te slaap en 'n paar dinge te beskou: die ou kerk, ander geskiedkundige geboue en sommer ook die geskiedenis van die dorp."