Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Onverwagse juweel gevind. Was beslis nie my laaste besoek aan daardie omgewing nie."
"Calvinia bestaan uit baie ou historiese geboue wat goed onderhou word. Die dorpie het genoeg winkels waar jy jou koskas weer kan aanvul. Daar is ook twee goeie restaurante om by te gaan eet."
"Dis uniek, gasvry en vir seker nie die stad nie. Daar is 'n rustigheid wat mens sommer kan aanvoel. "
"Dorp lyk maar vuil en verwaarloos. Die Oog is teleurstellend - vuil en onversorg!"
"Dit is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik om omliggende plekke te besoek. "
"Blomme in 2017 ongelukkig baie skaars as gevolg van droogte. Hoop volgende jaar is beter!"
"Ons het net een nag in Hondeklipbaai oorgebly. Sal in die toekoms minstens 2 nagte oorbly om die pragtige dorp ordentlik te verken. Verblyf in die Honne-Pondokkies is 'n moet!"
"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."
"Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie."
"Springbok is ideaal geleë vir 'n besoek aan Namakwaland. Verskeie dagritte kan gemaklik na Port Nolloth, Skilpad Natuurreservaat en ander omliggende gebiede geneem word."
"Kamieskroon is klein met beperkte fasiliteite maar is goed geleë vir die Namakwaland blomme."