Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7895 reviews.
"Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke. "
"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep. "
"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."
"Calvinia was 'n besonderse ervaring, a.g.v. van die historiese bewaring van die ou huisies. Die Hantamhuis waar ons ontbyt geniet het, het sekerlik 'n baie interessante geskiedenis. Dit is 'n rustig-stil en pragige dorp en die rit oor die R364-bergpas was 'n ervaring. Die stilte van die Sederberge het my getref en ek het 'n pers blomtakkie, wat ek langs die pad gepluk het, op Leipoldt se graf gesit. Daar aan die voet van die Pakhuispas digby Clanwilliam, het ek weer opnuut respek gekry vir sy lieflike digkuns en hoe swaar hy gekry het in die tyd voor hy gesterf het. Ek het sommer 'n liedjie geskryf oor die Hantam-trippie van my toe ek terug was tuis. Dit moet wonderlik wees om 'n ruk lank daar op 'n plaas te kan bly en te skryf. Daar is dele van die Botterkloofpas se grondpad wat moeilik ry as jy net 'n gewone kar het en daar is lang dele sonder ontvangs met min voertuie wat verbyry. Ek het dikwels gestop - dit was Julie en die lug was skerpvars en koel. Heerlik. My dogter Liona moes werk doen op Calvinia, so ek het haar daar ontmoet en ons kon bietjie maar ook net weer vir 'n slaggie LekkeKuier en LekkeSlaap innie Kaap. Toe is ek terug Kaapstad toe en sy is terug Johannesburg toe. Al twee bekoor deur die Namakwadistrik van die grote Noord-Kaap en die verre Sederberge."
"Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!"
Mc Dougalls Bay, Northern Cape
Dis Al! Akkommodasie"A beautiful hidden gem in a dry and dusty area! Peaceful."
"Ek het net in Victoria-Wes oorgeslaap op pad na 'n funksie van my seun in Potchefstroom en dus nie aandag gegee aan toeriste besienswaardighede nie. Ek het wel baie vriendelike gratis hulp gekry vanaf die Ford garage toe ek vermoed dat daar dalk iets fout met my motor was, waaroor ek baie dankbaar was!"
"Sam's Restaurant is so vriendelik. Dis nie nodig om te wag vir oopmaak nie want Sam maak vroeg oop en hy is so vriendelik. Hy het ons heeltemal op ons gemak laat voel. Die uitsig van die see en Sam se vriendelikheid maak Hondeklipbaai 'n onvergeetlike vakansie. Aandete by Rooi Spinnekop was heerlik. Ek raai dit sterk aan."
"Daar is ongelooflik baie om te ontdek in die Noord-Kaap. Met die groot ruimtes bied die Noord-Kaap 'n spesiale ervaring met dit wat daar te sien is en die vriendelikheid van die mense."
"Colesberg is 'n rustige dorpie, met pragtige ou huise. Net bitter koud in die winter."
"Die dorpie is klein en rustig met min mense - ons hou van natuur en die stilte en dit pas ons dus perfek. Daar is 'n winkel met die nodige beskikbaar op die dorpie. As jy 'n rustige, mooi omgewing soek, is Kamieskroon die plek vir jou!"