Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7895 reviews.
"Die Park is die groot attraksie maar hulle maak die moeilik om in te kom en daar is nie baie roetes om te ry nie so almal ry maar in 'n stof konvooi. Ek dink as mens verder in die park bly sal dit beter gaan."
"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."
"Die oopheid, ruheid en vriendelikheid is 'n wonderlike ervaring. Rus vir die siel en salf vir die oog en gemoed. "
"Ons het die ruheid van die terrein geniet. Die restaurant se koedoepastei was uit die boonste rakke, die springbok carpaccio ongelukkig nie."
"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."
"Dit is so 4 tot 5 ure se ry van die Weskus . Maak dit deel van week se reis. Plattelandse gasvryheid ervaar."
"Alhoewel daar heelwat besienswaardighede is, sal ons nie daar wil vakansie hou nie. Dis 'n mooi plattelandse dorpie."
"Ons was baie verras met die skoon strate en 'n heerlike ete by Platteland Restaurant. "
"Dis 'n gereiflike oornagplek, maar daar is nie veel om te doen nie. Die enigste plek waar mens 'n goeie ete kan geniet is by die hotel, en hulle is baie duur. Daar is 'n baie oulike koffiewinkel in die die ou meule en daar is heerlike ontbyt en middagetes te koop. Die mense is almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar oornag."
"Onthou dit is 'n dorpie waar ons almal deurjaag. Stop 'n slag en koop lekker tjops by die slaghuis. "
"Besoek gerus die Karoo Yard, baie hartlike ontvangs en Springbok "hamburgers"."
"Ons bogenoemde oordeel is volgens ons eie waarneming. Ek het gedink dit is 'n pragtige dorpie met versteekte juwele, maar moet sterker bemark word. (Dalk mis ek die bemarkingspogings, dan vra ek omverskoning.) Baie ken en sien Colesberg slegs as 'n oornag- en/of brandstofpunt, terwyl die dorpie is eintlik versteek agter die koppies met pragtige besienswaardighede."
"Nie alle toeriste stel belang in ou geboue en kerke nie. Ek weet nie of daar juis iets anders is wat dit 'n toeristebestemming sal maak nie."
"Die buitelug- en 4x4-liefhebber sal nie in die omgewing uitgekuier raak nie. Benewens die oorgrenspark met sy beskaafde westelike deel wat ook selfry duineroetes aanbied en rowwe oostelike gebied wat in geheel selfversorging vereis, is daar verder oos die Witsand Reservaat met sy brulsand, die "Oog" by Kuruman, die Augrabiese valle met sy waterskouspel en magtige rotsravyn. Vir diereliefhebbers is 'n besoek aan die "Meerkat Sanctuary" naby die Kgalagadi 'n besondere ervaring. Verder wes kan 'n mens die Pella-nedersetting besoek met sy unieke kerkie en plaaslike sappige dadels eet. Oral langs die oranje is daar kleiner oorde wat elkeen sy eie aantrekkingskrag bied."
"Die grondpad vanaf Calvinia na Sutherland was 'n bietjie rof gewees. Sal aanbeveel dat mens dit aanpak met 'n 4x4 eerder as 'n sedan-voertuig. Calvinia Museum was interessant, maar 'n mens kan sien dat verdere befondsing hulle baie sal help. Argitektuur deur Calvinia maak definitief vir 'n paar pragtige foto's."
"Interresante en skoon Karoodorpie met vriendelike mense. Alhoewel ons nie die ander eetplekke beproef het nie en hul dus nie kan oordeel nie, kan ons u tog aanbeveel om gerus 'n ete by Die Blou Nartjie Restaurant in te pas, hul burgers met bykosse was baie smaaklik en kan sterk aanbeveel word."