Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Atlantic Gem

"Dit sou lekker gewees het as daar meer dinge gewees het om te doen. Dit was ook baie ooglopend dat so baie huise op die oomblik te koop was. Ons het gewonder hoekom. Maar ewen wel, dit is steeds 'n lekker plek om na te gaan. Regtig die moeite werd om 6 ure te ry net vir 'n bietjie soutwater!"

Douglas, Noord-Kaap

Villiera Guesthouse

"Het familie en eeue oue familie plaas besoek, dus nie op toerisme gefokus, maar dit was duidelik dat Douglas soveel meer van hul besienswaardighede kan maak. Die wynverkope sentrum was baie goed. Al die restaurante wat ons besoek het, was van goeie kwaliteit met redelike diens. Maar die toerisme besienwaardighede kan beter bestuur word. Min inligting oor die argeologiese, geologiese en meer onlangse historiese geskiedenis van die dorp is beskikbaar vir toeriste. Die neus se terrein is in 'n baie verwaalose toestand; wou graag na die gleteser baan op die Douglas/Prieska-pad besoek en het afgedraai by die aanwysingsbord maar die pad is nie regtig begaanbaar, met die spilpunt, nie i.e. pad was onder water a.g.v. 'n ernstige lek van die pype en het verdwyn na 'n tyd, 'n elektriese draad was ook so na aan die pad dat dit ons dit nie wou waag om daar verby te skuur en moontlik te skok nie. Ons het omgedraai sonder om die gletser baan te siene te kry. "

Colesberg, Noord-Kaap

Mooifontein Farm

"Wonderlike plekkie."

Vanderkloof, Noord-Kaap

Tipuana B&B

"Dit was wonderlik om Vanderkloofdam na al die jare weer te sien. Dit is ook 'n baie skoon dorpie en my man het die visvang baie geniet al het hy die visse teruggegooi."

Colesberg, Noord-Kaap

Onder die Bloekombome

"Dit is een van daardie dorpe wat te maklik verby gejaag word. Hierdie was die eerste keer dat ons daar oorgeslaap het. Die dorp was stil en die restaurant was redelik besig. Ons het die Maandag oggend vroeg vertrek en dus nie die ander aanbiedinge van die dorp besoek nie."

Middelpos, Noord-Kaap

Libby's Lodge

"Goed geleë vir die reisiger maar ongelukkig is daar heelwat swaer vragmotors wat in die nag deur die buurt ry."

Groen Kalahari, Noord-Kaap

Kakamas Hotel

"Dis 'n pragtige omgewing wat verken moet word. Ritte tussen die landerye, besoek aan Augrabies waterval en Riemvasmaak is vol verrassings. Dorpe soos Upington en Keimoes vertoon netjies en interessant, maar Kakamasdorp is 'n teleurstelling. Ek sê dit nie maklik nie want ek het daar grootgeword. Die strate is vuil en vol slaggate en die hoofbegraafplaas is verniel en 'n weiplek vir die buurt se bokke en donkies. Die munisipaliteit behoort hom te skaam! Die toeristekantoor in die historiese transmatorgebou was nie eens oop oor 'n naweek toe die omgewing gewemel het van die toeriste nie."

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Ek sou graag meer wou weet oor die besienswaardighede in en om die dorp."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Die Augrabiese watervalle buite Kakamas was die hoogtepunt van ons toer die naweek."

Colesberg, Noord-Kaap

Annelines Guest House

"Die dorp is nie in 'n goeie toestand nie, maar dis perfek om 'n nag te rus voor jy verder vertrek."

Calvinia, Noord-Kaap

Katryns

"Calvinia se rustigheid, asook atmosfeer is hoogs verslawend."

, Noord-Kaap

Witfontein Plaas Gastehuis

"Die droogte en armmoede is ongelukkig duidelik sigbaar in Fraserburg, maar so is dit ongelukkig in baie dele van ons land. "

Carnarvon, Noord-Kaap

Sandrivier Gasteplaas

"Stop gerus by Carnarvon of nog beter, slaap daar oor. "

Kamieskroon, Noord-Kaap

Gousblom Gastehuis

"Kamieskroon is perfek vir 'n ordentlike wegbreek. Klein, maar lekker dorpie. "

Kimberley, Noord-Kaap

Sleepers Inn

"Kimberley as dorp het nogal agteruit gegaan. Mens sien bitter min van die ou sjarme van die plek, en die strate is vuil."

Colesberg, Noord-Kaap

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Fantasties. Netjiese ou dorpie met vriendelike mense."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"Lekker geëet by Platelander."

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."

Hanover, Noord-Kaap

Boutique Guesthouse Hanover

"Streets require attention and maintenance."

Loeriesfontein, Noord-Kaap

Lizards Place

"Fantasties vir oorslaap. Sal nie hier kom vakansie hou nie. Oulike dorpie."

Richmond, Noord-Kaap

Be Blessed Selfcatering

"Mooi dorpie! Lekker en rustige atmosfeer."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Die steak en gasvryheid by die hotel was goed."

Vanderkloof, Noord-Kaap

Tipuana B&B

"A forgotten area off the beaten track. So tranquil and a battery recharger on longer journeys."

Kimberley, Noord-Kaap

Sisibala Cottage

"Stad kort liefde en aandag."

Hanover, Noord-Kaap

3 Darling Street Guest House

"Maak net seker dat dit wat jy sien met die gastehuise is wat jy gaan kry dorpie self ware juweel."

Colesberg, Noord-Kaap

Donalds Guesthouse

"Ideale oornag bestemming tussen Noord, Suid en Oos."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Merino Junction

"Baie vriendelike mense! "

Colesberg, Noord-Kaap

Sunset Chalets

"A convenient stopover when on a long trip."

Blad
Blad 268 - Wys 8011 tot 8040
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem