Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3824 resensies.
Sakkie B. - 19th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Móét-besoek, ten minste eenmaal in 'n mens se lewe. Jurg se sterrekyk-belewenis is ook 'n móét en die planetarium se twee vertonings was 'n besonderse ervaring! Net jammer dat die N.P. van Wyk-Louw-museum nie meer oop is nie.
Elize S. - 19th September 2019
staying in Garies, Noord-Kaap
Lekkerste koek geëet in Garies!
Jenni B. - 18th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
What do you do there? Is always the question asked when we say we are off to Sutherland for a long weekend. This place has an atmosphere all of its own and you just need to visit it once, to experience it and get hooked. Our August/September annual destination for a weekend away. Recommended to everyone.
Braam V. - 17th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Fantastiese mense, rustig en vriendelik. Afrikaans bly steeds bo by dié plekkie!
Magriet L. - 17th September 2019
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Hierdie omgewing moet 'n mens beleef. Toegang tot die valle is baie gebruikersvriendelik en die restaurant is puik.
Jan F. - 17th September 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die dorp is nie meer so netjies soos voorheen nie.
Magriet L. - 17th September 2019
staying in Noord-Kaap
The first time I travelled there and it was an amazing experience to learn to know the challenging environment and interesting geology.
Rialene E. - 17th September 2019
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Asemrowend.
Malinda W. - 16th September 2019
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Amazing.
Allan W. - 16th September 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Jammer jaar is so droog vir blomme.
Jan S. - 16th September 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Daar is 'n koppie in die middel van die dorp en dit maak Springbok die dorp wat hy is!
Roelf F. - 16th September 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ek beskou Springbok as die hart van Namakwaland en wanneer mens in daardie wêreld reis is dit absoluut noodsaaklik om tyd daar te spandeer.
Bossie B. - 16th September 2019
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die Karoo is 'n wonderlike deel van ons land - baie jammer vir die huidige droogte!
Andre T. - 16th September 2019
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
There's a lot more to see in the Kamieskroon area than meets the eye even if they are stricken with drought at present.
Rudi J. - 16th September 2019
staying in Kanoneiland, Noord-Kaap
Die area is goed geleë en die uitsig iets spesiaal.
Johan L. - 16th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Oulike dorp en die sterrewag en sterrekyk is iets wat elke Suid-Afrikaner ten minste een maal in hul lewe daar moet beleef.
Malinda W. - 16th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Loved every moment.
Nico V. - 16th September 2019
staying in Williston, Noord-Kaap
Was op 'n Sondagmiddag daar en plekkie is doodstil. Baie skoon en netjiese dorpie.
Linda B. - 16th September 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Baie mooi omgewing.
Charl V. - 15th September 2019
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Was cosy!
Glen K. - 15th September 2019
staying in Groen Kalahari, Noord-Kaap
An awesome place to stay!
Joey S. - 15th September 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit is ‘n perfekte dorpie om te oornag. Daar is heelwat privaat restaurante, asook bekende eetplekkies soos KFC. Ons het by Plattelander geëet, wat heerlik was.
Cara B. - 13th September 2019
staying in Noord-Kaap
Ek woon in die Noord-Kaap en ek wil nog so baie plekke gaan sien. Die Noord-Kaap is 'n onbekende diamant wat so baie mense op uitmis. Mees mense moet hier kom reis en die pragtige plek verken.
Klasie P. - 13th September 2019
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Van waar ons gereis het was dit ver (Langebaan) en nie die moeite werd nie. Ook a.g.v. die droogte was die blomme n bietjie teleurstellend.
Ronel V. - 12th September 2019
staying in Noord-Kaap
Ondersteun asb. toerisme in die Noord-Kaap. Die mense is hartlik en gasvry en toerisme is amper enigste inkomste in hierdie 7 jaar lange droogte.
Danie ; Dalene B. - 12th September 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die aandete in Bourdeaux restaurant was besonders lekker. Ons het boontjiesop en lamkerrie met rys en slaai gehad. Die geskiedenis van die restaurant is baie interessant.
Andre S. - 12th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Ongelooflik koud. Moet dit self beleef om te waardeer.
Helen T. - 12th September 2019
staying in Herlear, Noord-Kaap
A quiet suburb. Not far from everything.
Lynette R. - 12th September 2019
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Was aangenaam verras oor Kakamas!
Martha V. - 11th September 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Lekker pannekoek geëet by die NG-kerksaal.
Walter Benjamin S. - 11th September 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Clean and friendly.
Andre/anita Gertjie/pine R. - 11th September 2019
staying in Kathu, Noord-Kaap
Vir ons wat van die see af kom en heeltyd groen en blou sien, is Kathu maar droog en stowwerig. Hier en daar 'n straatnaam wat mens nie sal verwag van so 'n groot plek nie. Verder is die malls lekker groot en gerieflik. NG-Kerk is ook 'n baie mooi gebou met die vriendelikste mense. Ons het ons verblyf daar baie geniet.
Karen K. - 11th September 2019
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Great for stopovers.
Anne B. - 11th September 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Rustige Karoo-dorpie met 'n positiewe aura. Veilig, ek het skemer daar aangekom en kon nog met geruste hart 'n ent gaan stap om die stywe spiere bietjie te oefen. Groot plus vir diegene wat selfsorgverblyf kies - die OK bly oop tot 22:00! Dankie Colesberg.
Johan D. - 10th September 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Eetplekke op 'n Sondagaand is baie beperk.
Malinda W. - 10th September 2019
staying in Kamieskroon, Noord-Kaap
Klipkombuis the best ever.
Francois D. - 9th September 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Belê in die geleentheid om te gaan sterre kyk in Sutherland. Trek warm klere aan! Dit is ontsettend droog op die oomblik. Daar is basiese winkels op die dorp. Maak 'n bevestigde bespreking, voor u die dorp besoek, veral in blommetyd. Daar was twee groot toerbusse met toeriste wat saam met ons by die sterre-kyk was. Akkommodasie is beperk op so 'n klein, gewilde dorpie.
David M. - 9th September 2019
staying in Herlear, Noord-Kaap
There are lots of historic landmarks close by, very interesting place.
Francois D. - 9th September 2019
staying in Kuruman, Noord-Kaap
Die nuwe Kuruman Mall is beslis 'n aanwins vir die dorp.
Louisa V. - 9th September 2019
staying in Augrabies, Noord-Kaap
'n Moet om te sien.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za