Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Northern Cape

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape

Rated 4 out of 5 based on 10360 reviews.

Colesberg, Northern Cape

Linda's Guest House

"Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg."

Hondeklipbaai, Northern Cape

Honne-Hemel Self-catering Accommodation: Bacchus

"Ek het dit baie geniet en sal definitief weer gaan kuier. Sal dan ook bietjie langer wil bly."

Colesberg, Northern Cape

Chrizaan Guest House

"Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke. "

Colesberg, Northern Cape

Coles Corner

"Goeie plek om te stop op pad Kaap toe."

Herlear, Northern Cape

Padlangs

"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."

El Toro Park, Northern Cape

Five Acres Guest House

"El Toreo Park lyk na 'n relatief nuwe uitbreiding, baie lekker geleë naby die Gariep hospitaal sonder dat mens deur die dorp moet ry as jy daar by 'n dokter of die hospitaal moet wees. "

Calvinia, Northern Cape

The Calvinian Country Lodge

"Geen blomme agv droogte, en toerisme lei daaronder."

Springbok, Northern Cape

Springbok Inn

"Springbok is 'n goeie vakansiebestemming."

Blydeville, Northern Cape

Just B Guest House

"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."

Kimberley, Northern Cape

Victorian Guest Lodge

"Big Hole Complex is a must for all locals and tourists."

Hopetown, Northern Cape

Frida's Gastehuis

"Sien dit meer as 'n oornag dorp vir die toeris. Daar is nie baie anders te sien/doen nie. Rustig."

Carnarvon, Northern Cape

Maritza Guest House

"'n Baie interessante plaasdorpie."

Prieska, Northern Cape

Excelsior River Cottages

"Klein plekkie, maar rustig."

Prieska, Northern Cape

Excelsior River Cottages

"Ken nie eintlik vir Prieska nie. Die Oranjerivier maak dit 'n puik bestemming vir die vissermanne en dit is presies halfpad tussen George en die Kgalagadi."

Augrabies, Northern Cape

Daberas Guest Farm

"Pragtig, moeite werd om te sien!"

Die Rand, Northern Cape

Die Kalaharihuis

"Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep. "

Colesberg, Northern Cape

Sunset Chalets

"Netjiese dorp met genoeg om te sien en aangename restaurante."

Hondeklipbaai, Northern Cape

Die Baai se Bek

"Stil Weskusdorpie waar 'n mens se siel tot rus kom."

Springbok, Northern Cape

Boesmanland Accommodation

"Pragtige plek.Sal volgende keer gaan as dit blommetyd is."

Vanderkloof, Northern Cape

Rhino Manor

"Baie mooi en ons sal enige tyd vir ons 'n naweek huisie daar wil aanskaf."

De Aar, Northern Cape

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Het geensins rondgery nie. Het die aand lekker by Essence geëet. Mooi skoon."

Calvinia, Northern Cape

Kleinplasie Gastehuis

"Calvinia was 'n besonderse ervaring, a.g.v. van die historiese bewaring van die ou huisies. Die Hantamhuis waar ons ontbyt geniet het, het sekerlik 'n baie interessante geskiedenis. Dit is 'n rustig-stil en pragige dorp en die rit oor die R364-bergpas was 'n ervaring. Die stilte van die Sederberge het my getref en ek het 'n pers blomtakkie, wat ek langs die pad gepluk het, op Leipoldt se graf gesit. Daar aan die voet van die Pakhuispas digby Clanwilliam, het ek weer opnuut respek gekry vir sy lieflike digkuns en hoe swaar hy gekry het in die tyd voor hy gesterf het. Ek het sommer 'n liedjie geskryf oor die Hantam-trippie van my toe ek terug was tuis. Dit moet wonderlik wees om 'n ruk lank daar op 'n plaas te kan bly en te skryf. Daar is dele van die Botterkloofpas se grondpad wat moeilik ry as jy net 'n gewone kar het en daar is lang dele sonder ontvangs met min voertuie wat verbyry. Ek het dikwels gestop - dit was Julie en die lug was skerpvars en koel. Heerlik. My dogter Liona moes werk doen op Calvinia, so ek het haar daar ontmoet en ons kon bietjie maar ook net weer vir 'n slaggie LekkeKuier en LekkeSlaap innie Kaap. Toe is ek terug Kaapstad toe en sy is terug Johannesburg toe. Al twee bekoor deur die Namakwadistrik van die grote Noord-Kaap en die verre Sederberge."

Colesberg, Northern Cape

Donalds Guesthouse

"Wat 'n verrassing. Ek het nog altyd net daardeur gery, maar nog nooit daar oorgebly nie. Pragtige plekkie!"

Mc Dougalls Bay, Northern Cape

Dis Al! Akkommodasie

"A beautiful hidden gem in a dry and dusty area! Peaceful."

Green Kalahari, Northern Cape

Ouma se Huis

"Baie mooi omgewing en naby Witsand."

Augrabies, Northern Cape

Dundi Lodge

"Augrabies is a long way to travel from Cape Town but well worth the trip. Apart from the falls, there are very interesting game drives and nature trails to explore day and at night."

Springbok, Northern Cape

Sperrgebiet Lodge

"Mooi veilige stil slaapplek in Springbok. "

Springbok, Northern Cape

Boesmanland Accommodation

"Daar was nie baie tyd om Springbok te verken nie. Die dele wat ons gesien het was pragtig. Die omgewing is baie netjies en skoon. "

Page
Page 293 - Showing 8761 to 8790
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote