Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7944 reviews.
"Well located as a stopover when traveling from Gauteng to the Northern Cape."
"Ons het nie tyd gehad om rond te ry en bietjie plekkies te kyk nie, maar die restaurant waar ons geëet het, Bordeaux, se kos was uit die boonste rakke. Daar is baie mooi ou geboue in die dorp."
"Was baie teleurgesteld oor die agteruitgang van dorp. Teerpaaie binne die dorp is in baie swak toestand, maar waar ons gebly het op die plaas was dit heerlik."
"Plek om oor te slaap met goeie winkels en supermarkte. Nie veel om te sien in die dorp self nie."
"Mooi dorpie, stil en rustig. Ideale oornagplek op die roete, geen geraas van lorries nie."
"Douglas may not be a travel destination, but it is a very useful place to stop over at en route to the Kgalagadi etc."
"Sal die Windpomp museum sterk aanbeveel. Baie interessante boere geskiedenis en die aanbieding was puik."
"Beautiful area to travel through, but we did not get to explore the area at all."
"Aandete-opsies op 'n Sondagaand is baie beperk wat 'n mens natuurlik kan verstaan. Ons wou graag uiteet, maar het op die ou einde ons eie kos gemaak."
"Ons hou van die platteland en dit is lekker om in die dorp rond te stap en vreemdes groet mens vriendelik. Rustige atmosfeer. Vriendelike diens in die winkels en besighede. Veilige omgewing. Pragtige sonsondergange. 'n Fotogeniese dorp. Ons geniet dit!"
"Keimoes self het baie agteruitgegaan, maar daar is soveel rondom Keimoes wat ek beslis 'n 5 ster sal gee."