Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7918 resensies.
"Opvallend hoe skoon en netjies die dorpe in die Noord-Kaap is in kontras met van die ander dorpe tydens ons reis na Augrabies."
"Vir ons is Colesberg 'n logiese stilhouplek as jy van die Kaap af Johannesburg toe ry. Die Gariepdam is slouspelagtig wanneer dit oorloop!"
"Heerlik geëet by Die Plattelander, 'n moet as jy Colesberg besoek! Uitstekende kos met goeie diens van vriendelike mense."
"Ons het die Hantam Restaurant besoek en heerlike yskoffie ("romerige koffieskommel"), brandewyntert en koeksisters geniet."
"Rustige Karoo-dorpie met 'n wonderlike eetplek met die naam van Die Plattelander. Uitstekende kos en goeie diens van vriendelike mense."
"Die dorpie lyk maar armsalig maar dis heel veilig in die strate te stap en die mense is vriendelik, die enigste hartseer ding is dat die actual hondeklip bekrap is met graffiti, so dis moeilik om te verstaan."
"As jy Nieuwoudtville gedurende Desember besoek maak seker jy kom voorbereid. Restaurante maak vroeg toe selfs al kontak jy hulle en sê jy is op 'n spesifieke dag daar. Winkel vir basiese benodighede. Slaghuis beskikbaar vir vleis."
"Baie bly om te sien die ou huise word opgepas en van hulle gerestoureer. Mooi, skoon Karoodorpie."
"Ek het meer van Kleinzee gehou as Port Nolloth as 'n dorpie. Nie genoeg tyd gehad om alles te verken want ons het net oornag. Gaan beslis terugkeer."
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Die volle potensiaal van Springbok moet nog ontgin word. Met "Kleinplasie" as fondament en leerskool, kan die ander gaste huise in die streek 'n paar lesse daar gaan leer."
"Mooi dorpie. Slegs 'n mini-market winkel met beperkte, maar genoegsame kruideniersware voorraad beskikbaar. Plaaslike mense is baie vriendelik. Slegs een teerpad tot by die dorp, die pad vanaf Leeu Gamka. Ander paaie is als grondpad met geen selfoonsein."
"Great place to overnight. Colesberg offers great dinners especially at Innie Kraal."
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."