Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Rustige Karoo-dorpie met 'n wonderlike eetplek met die naam van Die Plattelander. Uitstekende kos en goeie diens van vriendelike mense."
"Die dorpie lyk maar armsalig maar dis heel veilig in die strate te stap en die mense is vriendelik, die enigste hartseer ding is dat die actual hondeklip bekrap is met graffiti, so dis moeilik om te verstaan."
"As jy Nieuwoudtville gedurende Desember besoek maak seker jy kom voorbereid. Restaurante maak vroeg toe selfs al kontak jy hulle en sê jy is op 'n spesifieke dag daar. Winkel vir basiese benodighede. Slaghuis beskikbaar vir vleis."
"Baie bly om te sien die ou huise word opgepas en van hulle gerestoureer. Mooi, skoon Karoodorpie."
"Ek het meer van Kleinzee gehou as Port Nolloth as 'n dorpie. Nie genoeg tyd gehad om alles te verken want ons het net oornag. Gaan beslis terugkeer."
"As 'n klein plekkie jou hart warm maak, is Vosburg beslis 'n plekkie om nie mis te ry nie!"
"Die volle potensiaal van Springbok moet nog ontgin word. Met "Kleinplasie" as fondament en leerskool, kan die ander gaste huise in die streek 'n paar lesse daar gaan leer."
"Mooi dorpie. Slegs 'n mini-market winkel met beperkte, maar genoegsame kruideniersware voorraad beskikbaar. Plaaslike mense is baie vriendelik. Slegs een teerpad tot by die dorp, die pad vanaf Leeu Gamka. Ander paaie is als grondpad met geen selfoonsein."
"Great place to overnight. Colesberg offers great dinners especially at Innie Kraal."
"Daar is baie om te sien en ek dink mense behoort die plattelandse dorpies te besoek."
"Daar is besienswaardighede, maar dit moet bemark word. Inligtingstukke behoort in die kamers van gastehuise beskikbaar te wees."
"This unique and historically important town has always been a little bit rough around the edges, and that's part of its charm. But the parlous state of the litter strewn streets, and dumping of rubbish bags on the dunes of the main beach, made us feel that both its residents and municipality don't care much for the image of this once well looked after town."
"Dorpie is mooi skoon. Strate kort so bietjie instandhouding, maar dit is die ideale halfweghuis vir reisigers."
"Die dorp se stemming bring rustigheid en nostalgie mee. Heerlike rusplek op die lang pad tussen die noorde en die suide."