Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7918 resensies.
"Ek wil daar gaan aftree. Nooit geweet dit is so 'n skoon en netjiese dorp met soveel vriendelike en gasvrye mense nie. Kan nie wag om weer te gaan besoek nie."
"Keimoes is 'n pragtige dorp. Die perfekte afslaanplek vir iemand wat die Karoo en Kalahari wil verken."
"Augrabies-watervalle, Oranjerivier-wynkelders, Die Mas-kelders vir brandewyn en vodka is goeie rede om in Upington te kuier."
"During season time and on a Sunday it would have been nice to have more than two restaurants in the town."
"Colesberg is maar baie klein - nie veel eetplekke om van te kies en alles maak so vroeg toe. Vir een aand se oorslaap was dit heel okay."
"Pofadder is 'n klein, netjiese dorpie so dit hang af waarheen jy op pad is. Nie veel om te doen in die dorp nie."
"Stil dorpie. Nie regtig winkels in omgewing nie. Sal aanbeveel dat vakansiegangers inkopies gaan doen in Sprinbok voor hul deurry na Hondeklipbaai. Moet verkieslik nie Google Maps volg. Baie grondpaaie."
"Ons is mal oor die Weskus, maar was teleurgesteld in die toestand van die strand met sy rommel. Daar was dooie robbe (wat nie ongehoort is nie), maar dit is nie verwyder nie. Ek kla nie omdat ek 'n slegte ondervinding gehad nie of omdat ek nie my sin gekry het nie, maar ek voel dat daar meer gedoen word om toerisme in hier pragtige klein weskus dorpies te bevorder. Daar kan nie staatgemaak word op munisipaliteite nie, want hulle is deel van die probleem."
"Goeie oornag area. Oulike idee van Inni Kraal restaurant om 17:00 op 'n Sondagmiddag oop te maak."