Verified Reviews

Escape From Durban

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban

Rated 4.4 out of 5 based on 4203 reviews.

Margate, Escape From Durban

The Beachfront Unit 6

"Margate self het vir my bietjie agteruit gegaan. Dit is seker maar die Covid19-storie."

Margate, Escape From Durban

Seagull 314

"Baie mooi strande, maar dit word nie skoongemaak of opgepas nie. Nogal hartseer."

Uvongo, Escape From Durban

Beach Wood Cottages

"Bitter min om te doen. Kan regtig opskerp met vermaaklikheid."

Port Edward, Escape From Durban

Eden Wilds 88

"Water Park is very fun. We enjoyed it."

Port Edward, Escape From Durban

Leisure Legacy

"Sal meer plaaswinkels wou sien, en ’n stopkerdjiewinkel, asook meer kwekerye."

Uvongo, Escape From Durban

Du Bantry 9

"Geniet Uvongo baie."

Southbroom, Escape From Durban

San Lameer Villa 2513

"Ons sal enige tyd weer daar gaan kuier."

Umdloti, Escape From Durban

Spindrift Guest House

"Umdloti herinner ons aan daai klein, verlate eilandjies waarheen mense dikwels in flieks wegbreek vir 'n vakansie of gaan wegkruip om die stadslewe en stressors te ontglip. Dis beslis ons 2 se gunsteling-vakansiedorpie waar al wat mens nodig het 'n glasie wyn en 'n goeie boek is om op die stoep of langs die strand te sit en geniet. Ons het hierdie keer vir die eerste keer die pragtige inheemse bos waar mens kan gaan stap ontdek - reg langs Spindrift-gastehuis waar ons gebly het. Beslis 'n groot gunsteling wat ons in die toekoms weer en weer sal teruglok hierheen."

Hibberdene, Escape From Durban

Cowrie Cove 3

"Ons was teleurgestel met die dorp in die algemeen, die infrastruktuur en netheid van hoofstrand laat veel te wense oor. Rommel word duidelik nie opgetel of verwyder nie. Ons het meer as een asblik omgekeer gevind. Daar is verskeie rondloperkatte te sien. Ons het ook 'n paar keer onveilig gevoel en liewer die strand verlaat. Dit wil voorkom of die munisipale strand as oornagplek deur rondlopers gebruik word, en ons is aangeraai om nie na donker op die strand te gaan nie. Die verval is ook dan seker maar tekenend van toestande elders in land, maar mens sou verwag dat die owerhede in die gebied 'n bietjie ekstra sal doen om die kwynende toerisme te red."

Southbroom, Escape From Durban

Roux Holiday Home

"Natuurskoon is pragtig, vriendelike mense, rustig, natuurbewaring is op hul prioriteitslys, voël- en wildleweparadys. Strand is skoon, oop en die see is pragtig. Soms speel dolfyne en walvisse in die water, apies kom groet jou by die huis. Daar is wel 'n klein, lokale kruidenierswinkel, maar vir die shopaholic is MacBananas in Port Edward of Shelley Beach winkelsentrum 'n beter opsie. Kan Trafalgar in Southbroom omgewing definitief aanbeveel en sal beslis weer daar gaan kuier."

St Lucia, Escape From Durban

62 The Bridge

"Nice, cool and safe town. Very tidy in town."

St Lucia, Escape From Durban

Villa Mia 12

"Raserig. Plek (dorp) is vervalle en dit gee nie goeie indruk nie. Was beïndruk met hoe skoon dit is."

Howick, Escape From Durban

Halliwell Country Inn

"Pragtige omgewing en lieflike landskappe."

Eshowe, Escape From Durban

Birds of Paradise B&B

"Dlinza Bos/woud is 'n juweel! 'n Ervaring wat niemand mag misloop nie."

St Lucia, Escape From Durban

Shonalanga Lodge

"Lekker plek. Waarde vir geld. "

Margate, Escape From Durban

Laguna La Crete 168

"Margate is bad but Uvongo was great."

Pietermaritzburg, Escape From Durban

Wensleydale Guest Lodge

"It's a beautiful city. Easy to roam whether on foot or by car."

Ballito, Escape From Durban

G04 The Boulders

"Ballito is a great holiday destination."

Richards Bay, Escape From Durban

Air 29

"Nie besoek as toeris nie. Dit was ’n sakereis."

Richards Bay, Escape From Durban

Die Oog

"Was te kort daar om regtig te oordeel, maar het Alkantstrand en Pelikaan Eiland interessant en mooi gevind."

St Lucia, Escape From Durban

The Bridge Unit 59

"Ek kan sien Covid het hierdie mooi plek baie seergemaak. Hoop dinge kom gou weer reg. "

Page
Page 54 - Showing 1591 to 1620

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers