Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16426 resensies.

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Anchorage Inn Guesthouse

"'n Pragtige dorp en 'n mens moet sommer 'n paar dae daar spandeer."

Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad

Tuinhuis

"Omgewing is baie mooi en daar is heelwat om te kan sien. Dis ook nie ver van Kaapstad af."

Greyton, Ontsnap Uit Kaapstad

Greyton Lodge

"Greyton is die mooiste dorpie in Wes-Kaap. 12 restaurante. Puik etes genuttig veral by Abby Rose. Heerlike plaaskos. Dorpie het vriendelikste mense. Baie staproetes en baie om te sien. Ons was daar met die "Classics for All" fees en dit was ongelooflike lekker ervaring. Dit sal 'n jaarlikse instelling wees op ons program nou dat ons afgetree is."

Greyton, Ontsnap Uit Kaapstad

Oewerzicht Farm Cottages and Campsite

"Dis 'n ervaring om deur die straatjies te loop en in die winkeltjies te snuffel. Dis 'n baie netjiese dorpie. Baie fantastiese restaurante."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

De Kroon

"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."

Greyton, Ontsnap Uit Kaapstad

Oewerzicht Farm Cottages and Campsite

"Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek."

Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad

Kleinmond Panorama Holidays

"Baie oulik - mooi plekkies om te sien."

Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad

Laaiplek Hotel

"Port Owen is een van ons gunstelingplekke. Ons kry nie genoeg van die Weskus nie en beveel almal aan om tog eendag daardie huisie by die see te gaan koop. "

Witsand, Ontsnap Uit Kaapstad

Barnacles

"EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER."

Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad

Shades of Provence

"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige plekkie, ek sal regtig weer teruggaan, en kan dit vir almal aanbeveel."

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

The Farmhouse Hotel

"Langebaan het oulike winkels en die rustigheid is hulle geheim!"

Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad

Shades of Provence

"Beautiful environment, but walking and cycling paths poorly indicated or absent. A pity there is no natural swimming water, river, lake or dam; nobody's fault but part of a description for tourists."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Pragtige dorp. Baie rustig so tussen die majestueuse berge. Sal verseker weer daar besoek aflê."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Jongnooientjiesfontein

"Love! Lekker veilige, rustige see-dorp."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Milky Way

"Die dorpie is lekker klein wat dit maklik maak om die dorp per voet te leer ken. Seekos is lekker en die diens in elke winkel en restaurant waar ons ingestap het was goed. "

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Orchard Cottage

"Ek verneem dat daar 'n groot getal HOP-huise gebou word aan die kant van die dorp. Ek dink dit gaan definitief 'n invloed hê op die toerismebedryf daar. Op die oomblik is dit nog 'n pragtige, rustige dorpie."

Paarl, Ontsnap Uit Kaapstad

DOT J J B & B

"'n Weer-besoek-bestemming!"

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Abalone Guest House

"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."

Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad

Crystal Lagoon Lodge

"Pragtige strand. Sal verseker weer gaan."

Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad

Leegle

"Franskraal is 'n rustige, stil oord waar mens goed kan ontspan."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Komyntjie 2

"Baie rustig en stil, ideaal om net te ontspan en niks doen. Restaurante en winkels geweldig duur."

Golden Mile, Ontsnap Uit Kaapstad

Strandlopertjie Accommodation

"Pragtig! Rustig! Ontspannend! Sielerus!"

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

The Tulbagh Boutique Heritage Hotel

"Pragtige klein dorpie wat se karakter baie goed bewaar word."

Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad

Arniston Spa Hotel

"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Ohana Self Catering

"Die rustigehid is goed vir jou siel."

Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad

Stanford Hotel

"Rustige plek met 'n wonderlike atmosfeer. Jy wil sommer bly."

Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad

Tuinhuis

"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."

Blad
Blad 510 - Wys 15271 tot 15300

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang