Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6634 reviews.
"Ek weet nie of dit ‘n destination dorp is nie. Maar dink dis ‘n lekker plek om te stop op pad iewers heen. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Little Rose Self-Catering"Strate se lyne moet meer sigbaar gemaak word, andersins 'n baie lekker plek."
"Dit was 'n wonderlike ervaring! Mooi dorpie en het absoluut heerlik gebly. "
"Gonubie het baie beperkte toeriste-attraksies en is wel beskikbaar in omliggende areas waar jy sal moet ry om dit te kan benuttig."
"Ek persoonlik dink nie Humansdorp self is veel meer as 'n klein, slaperige, plattelandse dorpie nie. Maar dit is baie naby aan Jeffreysbaai, St Francis, Oesterbaai en net 'n uur of so se ry van verskeie lieflike strande by plekke soos Stormsriviermond en Plettenbergbaai. 'n Baie goeie basis vanwaar jy allerhande wonderlike plekke kan besoek. En die dorp het genoeg supermarkte en "Fast food"-winkels om jou maag permanent vol te hou, asook meeste van die groot banke. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam. "
"Was te kort daar om meer uit te vind. Sou dit dalk help om wanneer ek 'n dorp search vir blyplek dalk ook 'n skakel na doendinge in die dorp ook by te sit?"
"Dor en droog vir nou - lyk my Des en Jan is die warmste maande, so dit kan warm raak in dié tydperk! Interessante plekke om te besoek, veral vir die wat belangstel in fossiele en hulle geskiedenis! As jy van alles wil wegkom en sterrekyk, is dit die plek! Koop 'n uiltjie by die Uilhuis, ry op 'n donkiekar, en gaan kyk na die mooi kerk as jy net daar oornag op pad see toe of huis toe, anders verken die area 'n bietjie langer saam met Graaff-Reinet en omgewing."
"Sal nie as 'n toeristebestemming beskou nie, maar is naby die werklike toeristebestemmings! "
"Lovely, historical town, most places close by to walk. Great restaurants. All in all, will be back again."
"Ons het spesifiek 'n ekstra dag gebly om Graaff-Reinet en omgewing te verken - en sal in die vervolg sal ons weer so maak aangesien daar nog so baie is om te sien en doen."
"Dit was ons eerste keer daar. Die enigste probleem is beskikbaarheid van winkels. En ongelukkig eis die droogte sy tol. "
"Tipiese klein Karoo dorpie. Ons het baie lekker geëet by die Royal Hotel wat uit hulle pad gegaan het om ons te help 15 min nadat hulle al toegemaak het."
"It is perfect for hikers and people who can enjoy the tranquillity and beauty of the mountains."
"Quirky and quaint little town in the Karoo. Worth a visit if you are in the area."
"Dit is 'n pragtige dorp waar mens kan rus met baie om ook te doen as jy wil besig bly."
"Pragtige natuurskoon, maar die dorp is verwaarloos en daar is min plekke om kos te koop. "
"Ongelooflike natuurskoon en heelwat besienswaardighede. Kultuurskatkis in 'n pragtige vallei. "
"Rustige stranddorp in 'n lieflike omgewing met baie besienswaardige. Sal volgende keer langer daar wil vertoef."
"Dalk net die aanwysingsborde vanaf die hoofroete duideliker aanwys met rigtingborde."