Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Sam's Self-Catering"Port Elizabeth het my baie verbaas. Ons sal verseker langer bly volgende keer. Daar is so baie om te ervaar en die mense is awesome! Well done PE!"
"Ons het die Kaktus-kwekery besoek. Ek het nog nooit so 'n groot verskeidenheid kaktusse wat so groot en oud is op een plek in Suid-Afrika gesien nie. Mense moet dit regtig besoek. Het Marino en Mohair-wol daar gekoop wat ek natuurlik nie in Gauteng te koop kan kry nie. Die kerk in die hoofstraat is pragtig."
"Ons het dit nie juis as toeristebestemming ervaar nie, maar dit is baie gerieflik geleë ten opsigte van winkels en vir ons besoek vir 'n Britse visum."
"Dis die eerste keer dat ek werklik kennis met Cradock gemaak het. Baie oulike plattelandse dorpie, maar die dorp kort beslis 'n skoonmaak en teerpaaie. Ek glo mens sal gou verveeld raak indien jy langer as een dag daar vertoef, veral as mens van die stad af is."
"Graaff-Reinet is die oulikste bestemming met soveel om te doen en te verken en werklik die mense daar in die winkels en verblyfplekke is besonder vriendelik. Mal oor hulle SPAR en personeel. Het al in verskeie verblyfplekke oorgebly. Sommer vir 'n naweek my sus-hulle van George daar ontmoet, want dis halfpad en ons die lekkerste naweek daar deurgebring. Wonderlike, pragtige plek. My man het met die petroljoggie, Eugene by die Engen-vulstasie langs die Spar, gespot en gesê: "Sjoe, julle is almal so vriendelik, is daar fout?" Hy het toe geantwoord: "Vir so 'n mooi plek moet die mense vriendelik wees, Meneer!" Werklik 'n lieflike plek. Ons het sommer verlief geraak op Graaffies!"
"Polka a very good restaurant with good food that is well cooked. "
"Vat jou tyd! Dis bietjie uit die pad en neem nogals lank om daar uit te kom. So bestee ten minste 2 dae daar, sodat jy al die mooi en lekkerte kan inneem."
"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."
"Aberdeen is die perfekte bestemming as jy wil wegkom van die gejaagde lewe van die stad."
"Graaff-Reinet is 'n gemaklike oorslaapplek vir enige iemand op pad Kaap toe, en die kerk in die hoofstraat moet die mooiste kerk in SA wees."
"Wel, soos die res van Suid Afrika is die verval sigbaar. Maar dit is 'n pragtige dorp en die restaurant Polka is van die beste in die wêreld."
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"Die omgewing is pragtig! Die paaie in die omgewing is goed onderhou, maar die dorp se strate is werklik iets waaraan die munisipaliteit dringend moet aandag gee!"