Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6479 reviews.
"Have been pleasantly surprised by the area being self-sufficient in terms of restaurants, malls and outdoor entertainment on the edge of the ocean. "
"Graaff-Reinet is 'n lieflike dorp met 'n baie ryke geskiedenis en ook 'n baie spesiale toeristebestemming."
"Skoon, netjies en die mense is vriendelik en hulpvaardig. Ek het probleme met 'n band gehad en Hi-Q het dit binne minute opgelos."
"Ek was aangenaam verras met die dorp en baie spyt dat ek nie langer kon bly om meer te ondersoek en te ervaar nie."
"Really safe and walking distance from everything. Go and visit Heavenly pancakes, it is definitely a must for anybody visiting Gonubie."
"Kidd's Beach is baie stil en rustig soos wat 'n vakansie moet wees, weg van al die gejaag en geraas."
"National Park and especially Valley of Desolation is worth a visit. Also the ACVV Workplace, where you can buy items manufactured by the disabled. "
"In Humewood is jy by alles wat gebeur, die gewoel van vakansiegangers en boardwalk naby, maar tog voel jy veilig in die gebied. En natuurlik die aand uitsig oor die hawe en "pier" is net ongelooflik. "
"Die Biltong Deli se Karoo lamtjoppies se pryse is baie billik. Droëwors ook baie lekker."
"Ons het die teerpad gevat, net die laaste entjie was bietjie sleg, baie klipperige pad en bygesê het ons in die reën daar aangekom. Ons het rondgeloop na die verskillende eetplekke, kuns en fossiele ook gaan kyk. Al die mense is baie vriendelik en verwelkomend en staan nie terug om vir jou meer van hul dorp te wys nie. Ons het dit as halfpad oorslaap gebruik oppad see toe, maar sal graag weer wil kom vir naweek wegbreek. Hoogsaanbeveel! "
"I loved Graaff Reinet and will be planning a four day stay in the near future. Well run and friendly."
"Die Uilhuis was definitief 'n hoogtepunt! Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet op die Karoo Lam se stoep. Vreeslike vriendelike mense, ons wil definitief teruggaan. "
"Somerstrand is nie die mooiste in die land nie maar seker die beste in die omgewing. Toegang is ook heel maklik vanaf hoofweë."
"Dit is 'n besondere mooi dorp. Sal nie omgee om self daar te bly nie."
Chintsa (Cintsa), Eastern Cape
Schafli Manor"Het aanvanklik net gesukkel om uit te werk hoe die eetplekke werk, maar as jy dit eers verstaan dan gaan dit sommer baie makliker. Het baie van die Village Bistro se kos en diens gehou. Dit is waarlik 'n heerlike plek om te kom afskakel en jou batterye te kom herlaai."