Geverifieerde Resensie
East London
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in East London bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 219 resensies.
"Die N2 deur King Williams Town is baie sleg met geen tekens waar jy moet ry nie. Die verbetering vorder glad nie. Om by Gonubie uit te kom vanaf Port Elizabeth moet besoekers liewer die Port Alfred R72 neem."
"Gonubie is 'n rustige omgewing met baie oulike eetplekke en is redelik veilig. Oos-Londen se infrastruktuur is bietjie rede tot kommer en kort dringende ingryping. Ons het minder veilig daar gevoel."
"Gonubie is just what we needed. As for East London beachfront, more care should be given to keep it clean and safe."
"Paaie het vreeslike potholes. Hoofpad is besig om geteer te word. Wat ek wel kan sê, is dat al die mense in al die winkels en lughawe super vriendelik was. Dit het uitgestaan."
"Ongelukkig soos baie groot stede in die land, is Oos-Londen bemors met vullis en baie ouer geboue word nie instandgehou nie. Gonubie self is 'n pragtige dorpie wat netjies en skoon gehou word."
"Die wind is soms onplesierig en daar is nie baie curio-winkeltjies nie. Die paaie is ook nie in so goeie kondisie nie. Sou Oos-Londen nie aanbeveel vir 'n lang vakansie nie. Kort wegbrekies is 'n opsie."
"Die strande en klimaat is heerlik, genoeg lekker eetplekke na Beacon Bay se kant. Sal weer besoek"
"Ons wou graag na die Mercedes Benz fabriek gaan, maar telefone wat op Google gewys is, is nie geantwoord nie."
"Oos-Londen het die pragtigste strande in ons land. Die stad en geriewe vereis aandag om 'n ware toeristebestemming te word."
"Gonubie is a wonderful seaside village. You can walk, run or ride. Lovely beach and lagoon to swim (if it is not too cold!)"
"Too short a stay to rate East London. Just a sleepover stop on our way to Cape Town."
"As a business destination, lots of opportunities. As a holiday family destination, a huge no."