Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6061 reviews.
"Villiersdorp being my hometown is always a win. And being there with friends from this side of Cape Town was great showing off Villiersdorp."
"Stanford is 'n pragtige en interessante dorp, die mense vriendelik en dis sommer net 'n lekker plek om op te gaan vakansie hou. Dis sentraal en 'n goeie basis waarvandaan mens die res van die omgewing kan verken."
"Verseker van genot en rustigheid. Baie om te doen en om te kan ontspan. "
"Ek sal dit voorstel aan almal. Pragtige kusdorpie met uitstekende pad, reëls en mense."
"Besoek Witsand as jy lekker wil baljaar in die see en klein kindertjies het wat daarvan sal hou om in die poeletjies te speel. "
"Pragtig! Mooiste skoon dorp en pragtige see-uitsigte. Lekker eetplekke en perfekte vakansiebestemming. "
"A lovely town to go to unwind and enjoy the quietness that comes with a pitstop town. Ideal place to unwind and enjoy all the town has to offer."
"Die pragtigste dorp, met soveel lekker eetplekke, die berge is superspesiaal. Ons kom weer."
"Pragtige dorpie. Besoek gerus die grot en geniet heerlike middagetes by die Arniston Hotel. "
"Getroude pare moet te alle tye dubbelbeddens kry, en nie twee enkel beddens soos wat ek en my man gekry het nie."
"Het nie geweet dat Onrus 'n lekker swemstrand loopafstand van Sandbaai het nie. Al die pad Hermanus toe gery."
"Aviento sal ek vir enige iemand aanbeveel. Dit was lekker rustig, netjies en die gasvrou baie oulik. "
"Agulhas het iets van alles, dis naby Struisbaai wat 'n lekker strand het. Sal definitief aanbeveel."
"Pragtig, maar vreeslik stil. Restaurante vreeslik duur. Gedurende beurtkrag is dit 'n nagmerrie, want net die kruidenierswinkel het krag. Dis goed om daar af te tree na jare se gewoel in die stad as jy rus en vrede soek. Nie vir gesinsvakansie met jong kinders nie. Nie veel om te doen nie. Maar die dorpsmense is vreeslik aangenaam en vriendelik."