Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6267 reviews.
"Die dorp is wonderlik. Beslis 'n plekkie om na te gaan as mens weg wil kom van die stad."
"Ons was rêrig aangenaam verras deur Kleinmond. Dis 'n regte vakansiedorpie met 'n strand, lekker eet- en kuierplekkies en 'n lieflike uitsig. Die tipe plek wat mens altyd sal onthou met 'n glimlag."
"Witsand is die beste plek vir enige hengelaar wat sy kennis wil kom toets, maar ook die beste plek om net 'n rustige wegbreek te geniet en met die besondere vriendelike inwoners te gesels en die beeldskone natuur te aanskou. "
"Afgesien van die pragtige natuurskoon, is die geskiedenis van die Overberg baie interessant. "
"Baie vreedsaam en die manier hoe die bote ter water gaan is uniek. Jy moet dit kom sien."
"Dit is die perfekte plek om weg te breek na toe om 'n rustige tyd te hê. Vriendelike mense en baie veilige plek. "
"Poskaart waarde-ervaringe van top gehalte word in Hermanus ervaar."
"Die eetplekke se toemaaktyd stem nie ooreen met wat hulle adverteer nie. Ek stel voor dat wanneer 'n besoeker aan Struisbaai sy klere by die wassery laas was hy sekermaak (lys) van wat hy oorhandig en terugkry. Vra dat wit wasgoed apart gewas word. Struisbaai is 'n heerlike ontspanning by die see."
"'n Mooi en skoon dorp, nie net met wonderlike erfenis nie, maar ook vir die natuurliefhebber. Vooraf navorsing ten opsigte van die geskiedenis en omgewing sal baie bydra om beter waardering te hê (toerismekantoor was gesluit). "
"Witsand is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die besige stad en winkelsentrums. Perfek vir vissermanne en ontspan op die strand met 'n boek. Nie baie winkels en restaurante beskikbaar nie, so pak die nodige kruideniersware in. Moenie verwag om hier meer te doen as net rus en tyd op die strand te spandeer nie, aangesien hier min besienswaardighede en uithangplekke is."
"Quiet and unassuming with pleasant surprises on each corner, especially when it comes to some delicious food choices."
"Een van die mooiste dorpe in die land. Baie besienswaardighede. Sal definitief dit weer moet besoek."
"Struisbaai is 'n lieflike dorpie wat ons enige tyd weer sal besoek. Die vissers skuite wat op die ligblou water in die hawe dryf, is idillies. Dit is 'n tipiese plek vir 'n baie rustige vakansie. "
"Die Caledon Hotel en Spa is naby geleë en lekker om te gaan besoek en in die warm water te baljaar."