Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6501 resensies.
"Dit is net die mooiste plek in die Kaap. Daar is net iets besonders aan Hermanus. Ocean Basket se porsies vis is ook baie klein, en die stirfry veg kom uit 'n gevriesde pakkie uit. Verder is Hermanus een van my gunsteling toerismebestemmings - sou langer daar wou bly maar is 'n bietjie bo wat ons kan bekostig, "
"Kaap Agulhas is nie eers 4km van Struisbaai af nie, wat dit baie gerieflik maak om vir die dag soontoe te ry en die mees Suidelike punt van Afrika te besoek."
"Hermanus is die beste vakansiebestemming vir ons as gesin...hou al laaste 7 jaar net in Hermanus vakansie."
"Gunstig geleë vir hengelaars! Strand binne loopafstand! Struisbaai bied redelik besienswaardighede!"
"Baie sentraal geleë met heelwat toeriste aantreklikhede in die dorp asook in die omgewing."
"Oulike restaurante en gebeurtenisse. Daar is baie om in die omgewing te verken."
"Ek het 2 restaurante besoek wat goeie resensies gekry het maar was steeds nie beïndruk nie. Kos was gemiddeld maar diens was wel goed."
"Ek ken Hermanus en dit is altyd een van die beste plekke om te kuier en te besoek."
"Die mooi straatnaambordjies en oulike wandelroete voor ons oornagplek het ons beïndruk. Die walvis wat ons van die ontbyttafel kon sien was 'n bonus!"
"Greyton is 'n pragtige stil en rustige dorpie waar mens lui lui deur die strate kan wandel en lekker gesels, eet en kuier! "
"A beautiful town filled with history and warm, friendly people. A tranquil and serene town."
"Kleinmond is vir ons 'n topbestemming. Mens het nog die gevoel van klein dorpie by die see. Verkeer is minimaal...en die hawe bied lekker kuierplek. Kinders geniet die strandmeer bydie hoofstrand en mens gaan kruip weg ir die wind by Palmiet, waar jy kan swem...roei...braai en die wind los jou uit! Walvisse gesien op ons trippie in Oktober..."