Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1410 resensies.
"What a gorgeous little dorpie with everything to offer that is the West Coast, worth a visit!"
"Ek is mal oor Paternoster. Dit is die beste plek om weg te kom van die stad en die strand daar is altyd rustig. Daar is soveel om te sien en doen, maar die rustigheid van die dorp maak dit die perfekte plek om die seelug in te skep en so bietjie te kuier. "
"Paternoster is 'n baie mooi dorp en het al vreeslik uitgebrei. Dis net jammer vir die mense wat so bedel en kreef probeer smous. Dit gaan op die ou end maak dat mense nie meer daar wil gaan kuier nie."
"Jy moet dit self ondervind. Daar is nie woorde nie. Twee nagte is te kort. Die tyd vlieg verby."
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."
"Beautiful town with such lovely little shops one could spend hours in. Great beach. So many dining options and all really good that it makes it hard to choose. Definitely head to the Lobster Wharf even if it's just for cocktails. We were so impressed with this special place and cannot wait to visit again."
"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."
"Verskeie mense het ons gewaarsku oor diefstal uit voertuie en selfs uit kamers of wooneenhede! "
"Pragtige plek brei geweldig uit. Hoop nie die aanvanklike vissersdorpie verdwyn met al die ontwikkeling nie."