Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Paternoster is ons gunstelingwegbreekplek aan die Weskus. Die dorp se kultuur is uniek en daar is 'n groot verskeidenheid restaurante en winkeltjies. Die strande is lank en waarlik pragtig. Die sonsondergange is onverbeterlik. Regtig 'n great plek vir 'n romantiese wegbreek."
"Lieflike dorpie. As jy rustigheid en natuurskoon soek is dit die plek vir jou. Vissersdorpie-atmosfeer op sy beste veral in kreefseisoen. Sal weer en weer teruggaan. Ander mooi strande bv Yserfontein/ St Helenabaai/ Langebaan is lekker naby as jy net wil ry om te gaan kyk."
"Dis 'n pragtige dorpie met mooi natuurskoon. Die misdaad is egter 'n probleem asook die straatverkopers."
"Ek kry net die gevoel dis redelik onveilig - ons het geen insident gehad nie, maar die veiligheidsmaatreels van die huis het ons nogal ongemaklik laat voel."
"The dirt road to the lighthouse is not great. Also, bring cash for entry to the lighthouse to spare yourself an unnecessary gravel drive only to turn back. There's a nice beach before reaching the lighthouse entrance though so we spent the day there instead."
"Weet nie waarvan dit kom nie, maar daar is musiek wat regdeur die nag speel. 'n Regte steurnis!"
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
"Ons is verlief op Paternoster. Ek het in die weskus groot geword en dit bring my terug na my kinderdae."
"Ons was verwittig van inbrake in Paternoster te Loeriesfontein deur 'n gereelde besoeker/werker daar."
"Baie kommersieel oor naweke, ouwêreldse rustigheid in die week. Uitstekende, interessante restaurante."