Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1466 resensies.
"Vriendelike mense en vriendelike besighede. Lekker stil vakansie al was dit oor Desember."
"Skoon wye strande. Baie goeie restaurante. Besoek Koelkamersteater. Dit is die moeite werd."
"Sal graag wil sien dat daar meer voorsiening gemaak kan word vir 'n beter supermark as wat huidiglik daar is."
"Té veel onwettige en lastige smouse in Paternoster. Baie geboue nie goed versorg nie. Tekort aan behoorlike inkopiewinkels. Winkels onnodig duur met basiese benodigdhede en klein geskenkies. Paternoster is 'n ietwat slordige dorpie met min wetstoepassing."
"Paternoster is 'n pragtige dorpie met baie besienswaardighede en Tietiesbaai is beslis die moeite werd om te besoek."
"Lekker baie winkels om rond te snuffel. En daai pizza plek se pizza's en roomys cone, was uit die boeke."
"Dit is 'n wonderlike plek. Ons gaan verseker weer, ons verkies net 'n see-uitsig."
"Very nice place, loved the early morning beach walk, felt very safe, the privacy that you have, and a very relaxed place, seeing the boats pulling early morning after their catch. Small town but very nice."
"Altyd pragtig, oulike winkels en gallerye, genoeg eetplekke met heerlike kos en strande is skoon en die see asemrowend mooi."
"Paternoster is ongelooflik, 'n moet om te sien. Net een ding waarvan ons nie gehou het nie is die verkoop van kreef op straat deur die plaaslike inwoners."