Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1410 resensies.
"Is die mooiste dorpie, skoon en netjies. Sal net graag beter informasie oor die restaurant wou hê. Is nie alles baie duidelik nie, kon nie 'n lekker plek kry om vis te eet nie."
"Oulike weskusdorpie met veel meer om te doen as wat 'n mens besef. Die plaaslike kultuur is 'n belewenis!"
"Sal enige tyd sommer daar bly, dis rustig, skoon, veilig en die mooiste mense daar. Die see is pragtig en so ook die strand."
"Paternoster is 'n definitiewe plek waar ek weer sal gaan vakansie hou. Lekker plek om net te gaan ontspan, die mense is baie vriendelik in Paternoster."
"It is a must-visit place. If you need a break from city life this place is perfect and the Paternoster Studio is within walking distance of the beach."
"Die kinders wat loop en bedel soos jy loop en jou nie vir 'n sekonde uitlos nie, maak dat ons nie sommer weer terug sal gaan nie. Ons het Tietiesbaai baie meer geniet!"
"Die plek is besig om uit te brei, maar buite seisoen is dit nog rustig en ou gunstelinge soos die 'winkel op die hoek - oep vir koep' en stadige sonsondergange bly steeds dieselfde."
"The village is charming and the beach beautiful. The local people were also very friendly."
"Wou nog altyd hier gebly het! Vriendelike mense veral by die Hotel. Ook baie lekker gekuier by Tietiesbaai. Die Strandkombuis is 'n wenner !"