Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1533 resensies.
"Ons is nog altyd groot liefhebbers van die Weskus gewees en met Paternoster wat net onder 2 ure weg van die Kaap is maak dit die perfekte plek vir 'n vinnige Weskus-wegbreek."
"Paternoster is een van die beste plekkies om na toe te gaan vir 'n wegbreek. Daar is wel petty crime, maar niks so erg om my weg te hou van die plekkie by die see nie."
"Dit is 'n mooi dorp vol interessante winkeltjies. Ons ete by die Whale Rib was heerlik, Maniki het goeie geskenke of memorabilia, en die strand is skoon en regtig baie mooi. Ons sal definitief weer in Paternoster kuier."
"Hemel op aarde! Jy kan rustig wees, of besig bly. Daar is genoeg opsies om dit 'n lekker wegbreek te maak vir alle persoonlikhede. 'n Moet as jy 'n kunsliefhebber is."
"Klein plekkie met baie te doen. Baie eetplekkies, baie om te sien en te doen. Voel so 'n rukkie of jy in 'n ander wêreld is."
"Nice town with quirky shops and lots of restaurants. I like the village feel and coordinated styles and colours schemes. One of my favourite seaside towns."
"Pragtige, heerlike verskeidenheid van restaurante. Die heerlikste seekos geëet! Dorpie met nostalgie en 'n gevoel van vrede en ontspanning!"
"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike mense. Die dorpie word mooi in stand gehou. Mens kan sê dit is Suid Afrika se eie Mykonos. Ons het veral geniet om by Gaatjie te eet."