Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1016 resensies.
"Mis al die ou winkels. Te veel beeldjies, ens. Restaurante en pubs was lekker. Sekere plekke baie duur."
"The town was not as I remembered it from 15 years ago. The roads is falling apart, and half of the traffic consists of heavy transport vehicles and trucks. Still the staff in the shops was very friendly and helpful. The citizen of the town made us feel welcome everyday. "
"Bird of Prey rehabilitasie sentrum is 'n moet om te besoek. Die dorpie is baie stil tydens die week en na 5 kry mens skaars 'n restaurant oop."
"Baie lekker, maar die karwagte is opdringerig en daar is mense wat geld bedel."
"Dullstroom het sy eie bekoring en 'n hoogtepunt vir ons was 'n besoek aan die Birds of Prey Rehabilitasie sentrum. Om uit te eet is redelik bekostigbaar in vergelyking met pryse in die stad, maar ons het gevind dat die pryse van handelsitems onnodig duur is en gefokus is op die oorsese mark. Soortgelyke produkte kan teen laer pryse elders aangekoop word."
"Die dorp self word nie geonderhou nie, een groot slaggat. Maar dis 'n baie mooi area. "
"Die winkels wat leeg staan, bekommer my. Hoop nie die plek loop dieselfde paadjie as Pelgrims nie."
"Ek en my seun is van Kaapstad af, ons was in Dullstroom vir 'n troue. Alhoewel ons baie lekker gekuier het vir die 5 dae, was dit vreeslik koud gewees, maar die meeste van die eet plekkies het binnehuise kaggels of verwarmers. Die mense in die dorpie self is baie vriendelik en behulpsaam. Die lug is baie vars en skoon en dit is 'n ideale plekkie om uit die gejaag van die stad te kom."
"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "
"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."