Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 989 reviews.
"'n Wegbreekplekkie wat jy jou voete kan opsit en kan vergeet van die gewoel van die stadslewe, met baie vriendelike gesiggies wat jou verwelkom. "
"Lekker dorpie om te besoek en almal is baie vriendelik. Lekker kuier plekkies en mooi goedjies!"
"Waterval Boven is 'n historiese dorpie en daar is baie besienswaardighede. Pragtige brûe en watervalle. Natuurskoon lieflik. Al wat pla is dat daar geen Spar of kruideniersplekke is nie, asook geen kaartfasilitiete in 'n paar winkeltjies wat wel handel dryf nie. "
"If you love the outdoors with an option of a small town charm, Dullstroom and surroundings is the place to go."
"Heerlike dorpie om sommer net in rond te drentel, baie vriendelike mense end ons hondjie was oral welkom."
"Dullstroom is 'n baie "toeriste vriendelik" omgewing met baie om te doen, sien en eet. "
"Lekker sentraal om verder ons mooi Laeveld te gaan verken. Goeie restaurante, vriendelike mense en baie netjies en skoon."
"Baie oulike plekkie met baie restaurante, stalletjies en baie dinge te doen! So rustig! Onthou om vroegtydig te bespreek as jy die aand wil gaan eet oor 'n naweek! "
"Ons het nie regtig tyd gehad om Waterval Boven te ondersoek nie. Was wel by Krugerhof op Waterval Onder. Die tuin was die mooiste en skoonste wat ek lanklaas gesien het. Die museum was vol inligting en ek het baie geleer."
"Dis 'n ongelooflike lekker plek om te rus vir n dag of twee en om weg te kom van die gejaag van die stad!"
"Quaint and friendly town, wish we could have spent more time here as there's everything we love, including the weather."
"Having been to Dullstroom several times, it is still nice; we would like to see some new shops go up for variety."
"My husband and I love natural places. Lydenburg is what we needed. It's a beautiful small town and the sight seeings are very attractive. I enjoyed the fresh breeze of air and I recommend that people should visit this place. It's near Pilgrimrest, God's Window and all other beautiful, attractive places."
"Ons was nie in die dorpie self nie, maar die onmiddellike omgewing is pragtig. Het Krugerhof en winkeltjie baie geniet."
"As 'n toeris nie vir Dullstroom geniet en onthou nie moet hy introspeksie doen. Dullstroom is saam met enkele ander dorpe in die land 'n voorbeeld van hoe toerisme bedryf moet te word. "
"Dullstroom is 'n ideale bestemming vir reisigers van Gauteng vir 'n naweekwegbreek. "