Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 330 resensies.
"Port Alfred is 'n rustig en verbasende skoon dorpie met vriendelike mense. Ek hoop ek kan daar gaan aftree."
"Ek is mal oor die dorpie, ons volgende trippie gaan definitief langer wees."
"Always love coming to Port Alfred to find out something we haven't seen previously. We always stay in a different place and explore the area around in detail before going home."
"Besig met mooi infrastruktuur ontwikkelinge, maar nog onversorg in die dorp en omgewing."
"Daar is 'n groot behoefte vir goeie vulstasies met netjiese toilette en restaurante in die omgewing."
"Beautiful sea view, everything that you need is just close by, security is always visible no need to be scared of anything. Boat ride is amazing and affordable too, my children won't forget that place."
"Dit voel half onregverdig dat die gewone mens nie toegang het tot die pragtige Marina nie - hoekom net vir die selected few? Daar kan gerus meer eetplekkies op die strandfront of by die Pier wees."
"Soveel plekke om te besoek binne Port Alfred asook in die omgewing."
"Lovely town with relaxed atmosphere. It has all amenities required for holiday makers."
"Moenie hierdie klein kusdorpie onderskat nie. Dit bied verskeie avonture in die omliggende omgewing."
"Ons was aangenaam verras met die skoon strande. Ons was elke dag op East Beach en dit was regtig skoon. Op 26 Desember het daar bietjie rommel rondgelê in die straatjie naby die strand waar die motors die vorige dag geparkeer het, maar tot my verbasing het werkers vroegoggend al opgedaag met swart sakke en begin opruim - nogal op die openbare vakansiedag! Daar is lieflike eetplekke en ander winkels. Die enigste negatiewe dingetjie is dat mense nie plastieksakkies saamneem vir hul honde se oepsies op die strand nie. Op Kleinmond word 'n hele rol plastieksakkies gratis voorsien en mense maak nie gebruik daarvan nie! Ons is self mal oor honde, maar maak asb skoon agter jou vierpoot. "
"Extremely underrated as a holiday destination, what a gem of a place! "