Geverifieerde Resensie
Port Alfred
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port Alfred bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 227 resensies.
"Wonderlike plek as mens wil gaan rus. Baie rustig, het een dag uitgery na Kenton-on-Sea. Baie mooi omgewing. Het op 'n Sundowner Cruise gegaan."
"Baie oulike dorp met als wat mens kan aan kan dink om te doen en goeie winkels as jy iets nodig het."
"Lieflike plek wat ver bo my verwagtinge was. Definitief aan te beveel vir 'n vakansie. Die mense is vriendelik en behulpsaam. Goeie inkopiesentrums en ander besienswaardighede. Lieflike omgewing."
"Pragtige dorp veral die Kowie Canal. Sal beslis weer terug gaan. Het baie lekker by Ocean basket geëet asook die The Wharf Street restaurant was awesome. "
"Baie mooi. Wat ons nie geweet het nie is dat alles om die Kowierivier draai en nie om die see nie! "
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"If it's not summer time, I would not visit Port Alfred. Only other time I will probably visit is if there is a festival of some sort, but then I will drive through from PE in the morning. "