Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1261 resensies.
"Ons het akkommodasie slegs gebruik vir 'n troue in die stad en omdat ons nie meer in die donker wil bestuur nie. "
"Soveel energie in Pretoria, was lekker vir 2 dae, maar ons het die Platteland se rustigheid gemis."
"Pretoria het 'n wye verskeidenheid plekke om te besoek. Van stadslewe of die rustiger bosveld net buite die stad."
"Voel nie soos 'n stad nie, eerder 'n groot dorp waar jy gou heen en weer kan ry. Baie om te doen en te sien as jy tyd maak daarvoor. Lieflike weer en gawe mense."
"Die stad self is net te besig vir ons plattelanders. Maar ons het nogsteeds 'n wonderlike naweek gehad."
"Moreleta is a quiet and safe place to stay. I wish I could relocate permanently."
"Doen jou navorsing vooraf as jy plekke wil besoek! Bel die plekke, want die internet se tye is nie altyd akkuraat nie."
"Alles wat mens nodig het om te kry is daar alles naby aanmekaar en goeie spesiale aanbiedings orals."
"Alles is net soveel beter en veiliger in die Moot-omgewing. Dis lekker om sekuriteitsmaatskappye snags te sien rondry dan weet jy mos hul doen hul werk en ons as die publiek voel darem so effe veiliger."
"Ek ken Pretoria baie goed omdat ek daar groot geword en gewerk het. Vir my is dit 'n besigheidsgebied nie 'n toeristebestemming nie."
"Ek sal enige tyd soontoe verhuis vir die temperatuur, en die dorp is skoon en goed onderhou."