Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Stanford

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stanford

Rated 4.6 out of 5 based on 220 reviews.

Stanford

Hermanuspietersfontein Cottages

"Verrassende, koddige plekkie met klomp restaurant keuses!"

Stanford

Rivers End Farm

"Heerlike eetplekke en baie om te doen in pragtige dorp."

Stanford

Overberg Gems - The Blue House

"Nogal heelwat om te doen in die area."

Stanford

Misty Mountains

"Please don't grow bigger! Your charm is in your old world hidden gem character."

Stanford

Stanford River Lodge

"Ons het op 'n Sondagmiddag daar aangekom. Ons is verseker dat ons aandete in dorp sou kry. Daar is egter geen eetplek oop in Stanford op 'n Sondagaand nie. Dankie tog vir OK Grocer!"

Stanford

Misty Mountains

"Die personeel in die toeriste inligting kantoor het bitter min geweet oor die omgewing en ons bloot pamflette met oppervlakkige inligting oorhandig - wat selfs nog verkeerde inligting verskaf! Byvoorbeeld, dat Springfotein se wynproe en restaurant toe is op Donderdag - wat nie die geval is nie - ons het maar 'n kans gevat en dit was oop! Stanford is 'n fantastiese plek, maar dit word uiters swak bemark! Plekke soos Misty Mountains gaan dit 'n slegte naam gee!"

Stanford

Stanford River Lodge

"Baie oulike plek. Die Italiaanse eetplek was fantasties!"

Stanford

Overberg Gems - The Blue House

"Klein dorpie, baie om te doen."

Stanford

Misty Mountains

"Die moeite werd om te stop en te verken. "

Stanford

Old Lisitng

"Nostalgiese dorpie. Verseker 'n plekkie waar ek graag sal wil bly."

Stanford

Laughing Waters Farm

"Pragtige argitektuur in die dorp en Burkenhead Winery and Brewery is net buite die dorp - definitief 'n moet as jy die dorp besoek."

Stanford

B's Cottage

"Neat and friendly village, with wonderful places to eat and excellent options for exploring the area."

Stanford

Beloftebos

"Stanford en die area het baie om te bied. "

Stanford

Bugler's Cottage

"Dit is beslis 'n besoek werd en ons sal weer gaan. Die staproete al langs die rivier was heerlik en die natuur is pragtig. Daar is baie voëls, maar die voëlskuiling was gesluit en ons het nie die sleutel aangevra nie. Stanford is goed geleë vir besoeke aan wynplase en die nuwe staproete na die grot op Philipskop om die San-rotstekeninge te besigtig ... 'n belewenis! Die veld was pragtig oortrek met sewejaartjies in blom. Jammer van die droogte - die waterval was droog, maar die rotsformasies was indrukwekkend. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om die kaasfabriek te besoek nie, maar sal volgende keer graag daar 'n draai wil maak."

Stanford

Stanford Old Mill

"Die gemeenskap sal moet aandag gee aan die kinders wat op 'n Sondag in die middedorp bedel. Dit is 'n irritasie as 'n mens rustig wil rondstap tussen die winkels wat oop is en kinders volg jou."

Stanford

Mag's Cottage Stanford

"Fantasties! Het baie mense ontmoet en nuwe vriende gemaak. Sal wel weer gaan kuier, maar iets meer gestremdheidsvriendelik huur. Het wel gevind dat "Bugler's Cottage" en "B's Cottage" gepas sal wees. Hulle is albei op julle boeke."

Stanford

Stanford River Lodge

"Stanford bietjie te stil en klein, maar heel lekker vir so kort verblyfie."

Stanford

Mag's Cottage Stanford

"Ons was lekker verras met Stanford. Wat 'n besige, vriendelike en ongelooflike plek. Ons kan nie wag om weer daar te kuier nie. Ek en my man het ordentlik ontspan. Baie dankie."

Stanford

Blue Gum Country Estate-duplicate

"Onverwags interresant. Goeie restaurant by die Ou Meul Bakkery. "

Stanford

B's Cottage

"Great place."

Stanford

Stanford Hotel

"Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing."

Stanford

Overberg Gems - The Little Farmhouse

"Die hele area skep 'n gevoel van rustigheid, tyd staan stil."

Stanford

Stanford River Lodge

"Stanford is 'n baie gesellige klein dorpie met baie om te doen. Die inwoners is baie vriendelik, veral die eienaars Eben en Mari van Table 13 Restaurant en Pub. Ek sal dit aanbeveel vir enige iemand om gerus in die onbeskryflike mooi dorpie 'n draai te gaan maak."

Stanford

Overberg Gems - The Little Farmhouse

"Pragtig! Sal dit sterk aanbeveel."

Stanford

Bugler's Cottage

"Oulike plek."

Stanford

Stanford Hotel

"Rustige plek met 'n wonderlike atmosfeer. Jy wil sommer bly."

Stanford

Stanford River Lodge

"Baie oulike dorpie, al slegte ding is daar is te veel om te sien :) sal volgende keer langer as net 'n dag daar spandeer."

Stanford

Stanford River Lodge

"Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!"

Page
Page 7 - Showing 181 to 210
World Travel Awards
Vote for us in the World Travel Awards!
Vote for us in the World Travel Awards!
vote
vote