Verified Reviews
Still Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Still Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 392 reviews.
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Baie stil buite seisoen met beperkte fasiliteite soos kruidenierswinkels en restaurante. Die rivier is pragtig! Lekker lang wandelings op paadjies langs rivier en palingstroom. "
"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."
"Rustige en pragtige kusdorpie, baie veilig met vriendelike inwoners. Strande is veilig, pragtig en goed versorgd. "
"Stilbaai has a lovely clean beach and waterfront. The residents were all very friendly and welcoming."
"Ongelooflike vriendelike mense, lekker restaurante en 'n skoon en rustige dorp, maar jy voel nie soos in sommige strandoorde buiteseisoen dat jul amper die enigste mense is wat daar kuier nie."
"Dis 'n lieflike plekkie! Allergaartjie se skons is heerlik! Baie dinge om daar te doen, veral in Desember."
"Stilbaai is a lovely town with lots to do in and around town. We'll definitely be back! "
"Wonderlike plek, maar ongelukkig is die plek bestrooi met stompies by elke bankie waar jy wil gaan sit om na uitsig te kyk. Dit is hondevriendelik, maar ongelukkig moet jy mooi kyk waar jy loop anders trap jy in poef en oor Nuwejaar gee niemand om oor honde nie - die vuurwerke gaan mal."
"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "
"It is a wonderful town, people are friendly, it is very relaxed compared to the city life. Am definitely going back there again."
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie met pragtige natuurskoon. Hier word daar geroei, visgevang, gedraf, geloop, branderplank gery, ens. Daar is genoegsame winkels in hierdie dorpie vir alles wat mens kan benodig! Definitief aan te beveel vir vakansie, permanent sowel as aftree!"