Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 407 resensies.
"It is a very tranquil beautiful place with very friendly people and very in tuned with nature."
"Ek was verbaas. Stilbaai is 'n lekker vakansiedorp met vriendelike en behulpsame mense en 'n aangename atmosfeer. Heerlike restaurante en genoeg winkels vir alles wat jy nodig het."
"Iets wat my opgeval het is die borde wat lees " ry asb versigtig ons is lief vir ons kinders". Ek was ook verbaas om te sien dat motors soms nie stop by stop strate nie. Dalk omdat dit 'n stil tyd is? Die inwoners op Stilbaai is baie vriendelik en groet spontaan."
"Goeie ontvangs en diens by twee restaurant waar ons geëet het. Mense is vriendelik en behulpsaam oor die algemeen."
"Stilbaai is die mooiste plek. Sal definitief graag weer daar wil bly, sommer permanent."
"Very clean and tidy, the people of Stilbaai are very proud people and love their neighbourhood. Keep it up. Hanlies Bistro's food is amazing. "
"'n Wonderlike dorpie met die gevoel van jy is tuis en by die familie. Voorwaar 'n familie-kuierdorp. Almal vriendelik, gasvry ons het verseker nie soos vakansiegangers gevoel nie ons het deel van 'n familie gevoel. Baie mooi natuur alles is so rustig in dorp sal niks verander nie."
"Baie stil buite seisoen met beperkte fasiliteite soos kruidenierswinkels en restaurante. Die rivier is pragtig! Lekker lang wandelings op paadjies langs rivier en palingstroom. "
"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."
"Rustige en pragtige kusdorpie, baie veilig met vriendelike inwoners. Strande is veilig, pragtig en goed versorgd. "
"Stilbaai has a lovely clean beach and waterfront. The residents were all very friendly and welcoming."
"Ongelooflike vriendelike mense, lekker restaurante en 'n skoon en rustige dorp, maar jy voel nie soos in sommige strandoorde buiteseisoen dat jul amper die enigste mense is wat daar kuier nie."