Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Elsa G. - 23rd April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is regtig aan te beveel vir vakansie, veral as die swaeltjies ook daar is Januarie, Februarie en Maart dan sien ons weer ons ou vriende en kuier 'n hond uit 'n bos.
Maggie C. - 22nd April 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is 'n juweel op die tuinroete! Die dorpie is sentraal geleë, maar het 'n unieke karakter. Dit beskik oor noodsaaklike winkels en uitstekende restaurante, wie heerlike disse bied teen uitstekende waarde vir geld. Wildernis bied agter rustigheid en pragtige natuurskoon, om jou moeë stadsiel 'n behoorlike blaaskans te bied. 'n Wonderlike vakansiebestemming!
Shaun M. - 22nd April 2018
staying in Victoriabaai, Tuinroete
Baie lekker dorpie, hou maar 'n ogie oor jou besittings. Altyd mense wat rond hang. Maar sal weer teruggaan.
Valerie K. - 21st April 2018
staying in Joubertina, Tuinroete
Beautiful place with friendly people of all races.
Estie D. - 21st April 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Heroldsbaai is so mooi en rustig.
Lionel D. - 20th April 2018
staying in Fernridge, Tuinroete
Rustige en veilige woongebied.
Mariét W. - 20th April 2018
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
God se klein stukkie paradys!
Gerrit S. - 20th April 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Rustige en ontspanne atmosfeer.
Reinette H. - 19th April 2018
staying in Uniondale, Tuinroete
Hierdie dorpie het baie meer gebied as wat ons verwag het. Almal is baie vriendelik en ons het heeltemal veilig gevoel te alle tye. Ons gasheer het vir ons plek bespreek by The Hungry Ghost en dit was 'n bitter oulike eetplekkie met heerlike kos teen baie billike pryse. As jy wil wegbreek van die gewone lewe en net 'n slag ontspan, is Uniondale die plek vir jou.
Klaas E. - 19th April 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie mooi en skoon dorp. Vriendelike mense en baie besienswaardighede. Baie om te doen in die dorp en omliggende omgewing.
Kaylie B. - 19th April 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Oulike, stil dorpie met genoeg om te doen en sien.
Louise H. - 19th April 2018
staying in D'Almeida, Tuinroete
Baie veilig, niks om oor bekommerd te wees nie. Alhoewel jy nie regtig die see kan sien nie, is dit net lekker om te weet dat jy wel by die see is.
Shahieda J. - 18th April 2018
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Baie mooi plek vir 'n vakansie.
Jean B. - 18th April 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Beeldskoon!
Andries V. - 17th April 2018
staying in Glentana, Tuinroete
Very nice and clean area with excellent safety. The Wrangler was left outside and not even locked. The addition of the shops at Groot-Brak entrance and the restaurants on both sides was great. Very nice food. Did unfortunately not have time to visit all of them.
Fa C. - 17th April 2018
staying in Bay View, Tuinroete
Die plek om te wees. Naby aan al die omliggende dorpe met die allermooiste see reg by jou. Werlikwaar spesiaal!
Diane K. - 17th April 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Ek het 30 jaar in Mosselbaai gebly. Sal in 'n oogwink terug trek. Dis nie verniet 2 jaar in 'n ry dorp van die jaar nie.
Carien J. - 17th April 2018
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Mooi strand.
Jan N. - 17th April 2018
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is eintlik klein Knysna.
Antoinette D. - 16th April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos en omgewing het meer as genoeg om enige gesin met kinders besig te hou.
Danie V. - 16th April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Skoon strande. Veilige gebied. Mens kan ontspan en die lieflike wandelpaaie geniet. Dit bly ons nommer 1 keuse vir 'n seevakansie.
Stephanie N. - 16th April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Fantastiese vakansieplek met lekker weer en min wind. Alles is lekker naby en daar is genoeg te doen om kinders besig te hou.
Cb V. - 16th April 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
`n Baie mooi plek.
Elana C. - 16th April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is 'n besonderse toerisme plek. Die geriewe vir die kinders is 'n Groot Bonus.
Henri V. - 16th April 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Oudtshoorn is natuurlik 'n juweel in Suid Afrika. Alhoewel in die Klein Karoo geleë, bied dit sy eie bekoorlikhede. So baie rondom Oudtshoorn te doen, Kango grotte, Volstruisplase, Swartberg pas, Prins Albert, Calitzdorp se wyn ens, ens. O ja, en dan natuurlik die KKNK!
Lilliën D. - 16th April 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Fantastiese dorp met vriendelike mense!
Sammy E. - 16th April 2018
staying in George, Tuinroete
Absoluut fantasies.
Esther S. - 16th April 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Baie rustige plek, gaan daarheen om te rus.
Annette V. - 16th April 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Pragtig, rustig en asemrowende uitsigte. Vriendelike mense en baie veilig.
Mariana E. - 16th April 2018
staying in Hersham, Tuinroete
Ken die area goed en Glentana het 'n wonderlike strand. Naby Groot Brakrivier en wonderlike plekkies en restaurante om te besoek.
Hannah P. - 16th April 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Lovely little village with lots to do in surrounding areas.
Lydia D. - 16th April 2018
staying in Santosbaai, Tuinroete
Ek kan enige een aanbeveel om van Santosbaai gebruik te maak.
Graham W. - 16th April 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Die feit dat die Resturante en PnP ook op die perseel van die ATKV is, maak 'n hengse verskil. Hartenbos se klimaat is vir my baie gunstig en is vir my die middelpunt van die omgewing wat bv. George, Oudshoorn en Mosselbaai insluit. Hartenbos is net uitstekend.
Johan S. - 16th April 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Baie klein gemeenskappie, met vriendelike, hulpvaardige mense. Baie stil en rustige dorpie met geen misdaad nie. Ideaal om die dorpie plat te stap. Dit gee jou die keuse van die rivier en see, wat ineenvloei en wat baie uniek is. Jy kan bootry, visvang of saam met die plaaslike boot uitgaan.
Desmond R. - 16th April 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Dis so gewild dat dit moeilik is om akkommodasie te kry vir groot familie oor die Desember/Januarie vakansie.
Theresa C. - 16th April 2018
staying in Voorbaai, Tuinroete
Redelik sentraal geleë, naby Bayview Hospitaal en die Helderberg Mall. Die strand is pragtig skoon en die uitsig is onvergelykbaar.
Yolandi A. - 16th April 2018
staying in Harkerville, Tuinroete
Absoluut geen vermaak nie.
Henri V. - 16th April 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Was seker 30 jaar laas in Mosselbaai. Baie uitgebrei, mooi deel van SA.
Andrea D. - 16th April 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Sommige mense was bietjie ongeskik, maar anders is die plek great.
Alan F. - 15th April 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
A superb museum in Oudtshoorn, allied to proximity to attractions such as the Swartberg Pass, Cango Caves, Meiringspoort and the quaint village of Prince Albert ensure that there is something for everyone in the area. And for those wanting a break from frenetic big-city traffic, the wide and pleasant streets make a refreshing change.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za