Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Huidiglik is daar 'n tekort aan besighede soos 'n supermark (Nellas besig met renovasies) en bankgeriewe (OTM). Die winkel wat wel daar is, is redelik beperk so mens moet goed voorberei of jou grootmaataankope op Heidelberg gaan doen."
"Meer mense kan bewus word van Oudtshoorn, veral vir die Cangogrotte, Wild ranch, Volstruisplaas, ens. Daar is genoeg winkels op die dorp om van te kies."
"Redberryfarm, the pottery restuarant en Jakkalsvlei-wynplaas is 'n groot moet-besoek wanneer jy in die omgewing is, al 3 plekke is kindervriendelik met lekker speelplek. Dik Frik se opdui-restuarant by Heroldsbaai maak die heerlikste kos, ondersteun hom gerus. "
"Over several decades of visits to the Garden Route and abroad, Knysna remains one of my favourites."
"Pragtige omgewing, netjies en skoon. Vriendelike en behulpsame mense. Bied alles vir 'n lekker vakansie."
"Veilige omgewing. Voel soos 'n ander land maar almal praat Afrikaans. Baie om te sien en doen."
"Die waterval by Meiringspoort het ons asems weggeslaan. Asemrowend. Die dorpie self het oulike plekkies. Een dag se oorslaap is voldoende."
"Mosselbaai is 'n oulike vakansieplek. Beveel aan want jy kan van daar af vinnig by verskillende plekke uitkom."
"Plett is definitely one of our favourite destinations in South Africa! It is spectacularly beautiful with some of the best beaches and loads of excursions for those who love to do things! It is also a stunning small town with the right amount of shops and restaurants too."
"Die Blouvlagstrand is asemrowend, en die Tuinroete bly maar die beste. Gedurende reënmaande is dit maar ’n ander storie, veral met die see so naby."