Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9575 reviews.
"Mal oor Plettenbergbaai. Gaan volgende jaar definitief weer. Kon nie alles doen in een week."
"Baie beïndruk met George en die mense, lyk na 'n uitstekende plek om te woon en 'n besigheid te vestig."
"Ons besoek gereeld afgeleë, interessante, waarde-vir-geld selfsorgplekkies in die Wes-Kaap. Niks kon ons egter voorberei op die gevoel van heerlike absolute afsondering en stilte bo-op die berge aan die voet van Meiringspoort nie. Die hoogtepunt was om donkeroggend op een van die Klein-Karoo se koudste dae, in die ruim Victoriaanse buitebad te ontspan in vuurwarm water met slegs die toegesneeude Swartberg en sterre wat jou afloer. Ek is werklik spyt ons het nie genoeg tyd gehad om die elande te besigtig asook die klofie agter die pikante rietdakhuisie uit te stap nie ...' n uitstekende verskoning om weer te gaan kuier! Baie belangrik - die 1.6 km tot op die berg moet myns insiens slegs aandurf word met' n 4x4 voertuig. Dit is definitief nie moontlik met 'n motor nie. "
"Van die mooiste in die wêreld, Meiringspoort is maar net prentjiemooi, sowel as die Swartbergpas. Ons was gelukkig om darem met die sneeu ook te kan speel."
"Wil weer terug gaan na Hartenbos / Mosselbaai. Skoon, veilig, vriendelik en ongelooflike uitsigte."
"Ons het Cango Wildlife Ranch besoek met 'n verskeidenheid wilde diere. Wilgewandel Family Farm and Restaurant het baie aktiwiteite vir kinders, maar dit sit so 30km van die huisie na Swartberge se righting. Daar is 'n Zipline, trekker-trein, kamele en nog vele meer."
"Plettenbergbaai is 'n fantastiese vakansie-bestemming met kinders. Daar is baie om te doen en sien."
"Scenic wonderland conveniently located along the Garden Route - a place to unwind & recharge the soul."
"Ongelooflike plek en vriendelike mense. Ons kuier altyd lekker en gaan na al die oulike plekkies in Mosselbaai. Beste plek om te gaan vakansie hou."
"Die kabelglybaan wat voor die hotel verbygaan het ons by navraag by die Spur wat ook daar by die hotel is gehoor, hulle verstaan dit is om en by R650.00. Dit klink vir my buitensporig as jy dink die rit neem seker maksimum 1 minuut. Die res van die omgewing bied heelwat, ons het net 1 aand in Mosselbaai oorgeslaap."
"Die plaaslike bevolking wat van taxi's gebruik maak neem Covid nie ernstig op nie en dra nie maskers nie. Vermy dus besige areas indien moontlik. Oor die algemeen is Sedgefield ideaal geleë om die omgewing van te verken. Alle noodsaaklikhede is beskikbaar in die dorp."
"George is baie gerieflik en gemaklik buite gevaar en kan jouself geniet deur aktiwiteite wat na aan jou geleë is."
"A quaint little town. Unfortunately we could not visit Cango Caves due to lockdown restrictions but the area is beautiful and we had a lovely stay."
"Die Tuinroete bly een van die mooiste plekke is Suid-Afrika - veral die dele waar natuurlike bos nog voorkom."