Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8599 resensies.
Johan D. - 8th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Dit is die ideale plek om na weg te breek aangesien dit sentraal geleë is.
Thys B. - 8th May 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Rustige, skoon, vriendelike dorp.
Helena D. - 8th May 2017
staying in Myoli Strand, Tuinroete
Dit is seker een van die mooiste strande in Suid Afrika!. Uitstekend vir visvang, nog meer geskik vir lekker lang ente se stap en sekerlik baie geskik vir swem saam met die kinders!!
Johan V. - 7th May 2017
staying in Jongensfontein, Tuinroete
'n Absolute weggesteekte juweel.
Lynette S. - 7th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is a very quiet and adoring little town ,if you want to relax its definitely the perfect place. For the adventurer in you it's a bit far from everything as you have to drive everywhere.
Sarel S. - 7th May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Dit is 'n pragtige klein dorpie. Ideal geleë vir 'n wegkomgeleentheid.
Sabera M. - 7th May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Wilderness is an awesome place with great people and the views are just amazing! t is located in the center, between George and Knysna and that's another awesome factor! It is very convenient and offers easy access to beaches and there is plenty of activities for everyone.
Annette C. - 6th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Mosselbaai is ons gunstelingdorp. Ons probeer elke paar maande vir 'n paar dae daar tuisgaan.
Gerhard V. - 5th May 2017
staying in Klaarstroom, Tuinroete
Heerlike plek as jy rustigheid soek.
Wernen A. - 5th May 2017
staying in Knysna SSB, Tuinroete
Hilton Court is 'n wow plek in Knysna, die perfekte wegbreekpakket, natuurskoon en al die bogenoemde terugvoering ingesluit. Alles is loopafstand om binne Knysna te ervaar. Die mense is verskriklik vriendelik en dit is een van die min plekke waar voertuigbestuurders nog vir jou stop as voetganger, asook ander drywers voorkeur gee om te ry. Die plek is 'n stukkie goud wat n mens weer laat waardig voel en menswees 'n nuwe ervaring gee. Genoegsame dinge om daagliks en saans te ervaar
Natalie D. - 5th May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Hemel op aarde.
Lance H. - 5th May 2017
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
My eerste keer in Brenton-on-Sea en sal definitief weer gaan. Mooi skoon area, uitstekende uitsigte, met baie koue seewater.
Beverley L. - 5th May 2017
staying in Hartenbos, Tuinroete
Hartenbos is 'n baie lekker plek om vakansie by te hou, ek kon my lag nie inhou vir al die snaakse winkelname. Die mense daar is baie vriendelik en dit is baie veilig.
Carla D. - 5th May 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel.
Michael H. - 5th May 2017
staying in Riversdal, Tuinroete
Baie oulike dorpie. Die restaurant by Die Dam/Kwekery was baie lekker.
Hendrik V. - 5th May 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie lekker dorp met baie goed om te doen.
Melinda M. - 5th May 2017
staying in Sedgefield, Tuinroete
Sedgefield is 'n pragtige plek en daar is baie om te sien.
Andre V. - 5th May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Ons het lekker gekuier en 'n paar keer lekker uitgeëet. Hier is uitstekende eetplekke. Ons het ook die waterglybane besoek in Hartenbos. Mosselbaai is ook goed geleë vir 'n vinnige wegglip na George- en Knysna-omgewing. Ons was redelik buite seisoen, so die verkeer was nie te erg nie.
Alan S. - 5th May 2017
staying in George, Tuinroete
Great town. Has an airport and close to Wilderness, Sedgefield and other coastal spots.
Magda V. - 4th May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Pragtige plekkie met sout van die aarde mense, so gasvry en vriendelik en baie behulpsaam.
Hanlie T. - 4th May 2017
staying in Danabaai, Tuinroete
Danabaai is 'n lieflike dorp as jy net wil ontspan maar tog ook naby genoeg aan ander groter dorpe as jy bietjie wil rondry en dinge gaan doen.
Raynard T. - 4th May 2017
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Ken Plettenbergbaai baie goed. Het jare in Natures Valley vakansie gehou, dink dis een van die mooiste plekke met goeie weer en baie sentraal om te bly en ander plekke rondom te besoek. Al wat n mens seker vang is die verkeer.
Hein M. - 4th May 2017
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Pragtige strand en omgewing. Ongerep en naby aan die natuur. Strand en swem-area kan gevaarlik wees as gevolg van dwarsstrome. Wees versigtig, veral met hoogwater. Wees ook op die uitkyk vir aktiwiteite in die water - voëls en vis. Die spesifieke naweek wat ons daar was, was daar 'n haaiaanval waar 'n 14-jarige seun beseer is. (Luister na die NSRI se waarskuwings.)
Laurika L. - 4th May 2017
staying in Groot-Brakrivier, Tuinroete
Dit het my hart gesteel ... wil nou so graag daar gaan bly.
Betsie F. - 4th May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Dis Rust(ig) daar!
Rika D. - 3rd May 2017
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Heroldsbaai moet Desember vermy word. Ons was daar middel April, weer was heerlik en die strate en strand stil - baie lekker. Genoeg stap-oefening ingekry.
Olet J. - 3rd May 2017
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
'n Heerlike plek om te ontspan en na die see te staar.
Almarie V. - 3rd May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Ons is van Bela-Bela en, glo my, Mosselbaai is "WOW". Dis baie skoon en definitief veilig om in rond te beweeg.
Alida V. - 3rd May 2017
staying in Reebok, Tuinroete
Baie mooi, lieflike bestemming.
Celeste I. - 3rd May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Baie veilig en sal dit aanbeveel.
Susan M. - 3rd May 2017
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see.
Gawie B. - 3rd May 2017
staying in Knysna, Tuinroete
Bly weg in spitstye (hoogseisoen), die mense wil jou dood trap in die dorp.
Loraine S. - 3rd May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is my volgende plek om te bly. Dit is so rustig en laid back.
Melandri O. - 3rd May 2017
staying in Reebok, Tuinroete
Baie goeie vakansiebestemming. Rustig en ontspannend.
Beverley-anne S. - 3rd May 2017
staying in Knysna, Tuinroete
A bit busy, but always a favourite on the Garden Route and not too far from PE.
Izak (dawie) V. - 2nd May 2017
staying in Wildernis, Tuinroete
Ons gaan ten minste een keer per jaar soontoe. Lekker sentraal en binne alles se bereik. Heerlike weer, pragtige omgewing en strand.
Bergh V. - 2nd May 2017
staying in Glentana, Tuinroete
Veilig en nie overcrowded nie. Skoon see, fantastiese matige weer, skoon kusdorpie naby lughawe en tussen Mosselbaai en George. Heerlik om Tuinroete van daar af te verken!
Gerard F. - 2nd May 2017
staying in Knysna, Tuinroete
Knysna het 'n groot verkeersprobleem (selfs in die effense afseisoen). Die enkele toegangs- en deurpad is ontoereikend. Andersins skep Knysna en al die toerismebedrywighede 'n kleurvolle prentjie. Ek kan verstaan hoekom so baie die bestemming aanloklik vind!
Ausha S. - 2nd May 2017
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Mosselbaai is fantasties en sal enige tyd terugkom.
Christo I. - 1st May 2017
staying in De Rust, Tuinroete
Baie mooi.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za