Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"Sal nie sommer weer tussen Kersfees en Nuwejaar tussen George en Plettenbergbaai ry nie, dis regtig onsmaaklike verkeer. "
"Knysna is interessant en vol verrassings. Gewone mense in winkels gaan uit hul pad om mens van diens te wees."
"Oudtshoorn is beslis 'n besoek werd. Baie opvallend was hoe netjies en skoon die dorp is. Baie om te doen. 'n Nuwe hoogtepunt was die Zipline. "
"Meer parkering vir strandgangers. Die drop kan ‘n vergunning maak dat motors op sypaadjies mag parkeer In die vakansie tyd. Om R500 boete te kry en dit is die mense wat vir die besighede geld inbring die tyd van die jaar is belaglik! "
"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."
"Vir ons was Oudtshoorn 'n aangename verrassing. Ons was jare gelede daar, maar na die besoek sal ons die dorp weer besoek. Alles is baie toeriste vriendelik."
"Oudtshoorn is 'n juweel. Daar is baie dinge om te sien en beleef."
"Great place with so much to see and experience. The quietness of the town is one of a kind! "